Posts

Showing posts from 2009

Oppad na Berlyn, met 'n kredietkaartpyn. Genade tog!

Dag twee in Frankfurt. Vandag moet ek uit die staanspoor 'n lekker dag! Die ontbyt by die hotel was heel lekker, glad nie die tipes ontbyte wat ons in SA by die Holiday Inn kry nie. Ons het lekker gesmul aan roomkaas, en 'n magdom verskeidenheid brode. Mensig die Duitsers is bobaas bakkers, en is geplaas op die wêreld om te bak en te brou. Ons het die verskeidenheid broodsmere geniet, van sjokolade tot en met die lekkerste vrugtekonfyt en heuning. Na ontbyt is ons met die bus na die hooftreinstasie om op 'n Hop-on-hop off busse te ry. Dit was soos gewoonlik baie leersaam, en 'n mens doen sommer nuwe insigte oop. Wie het geweet dat Frankfurt eintlik Europa se finansiële hoofstad is, met een van die grootste "bank-digthede" met meer as 400 hoofkantore van banke wêreldwyd. Ons het ook geleer van hoe erg die tweede wereld oorlog werklik was, en dat meer as 90% van die stad amper heeltemal verwoes was tydens die oorlog. Die Main revier is werklik mooi, en die blaar

Van Johannesfurt fort na Frankfurt, Karen en Bertie. Agh..tung!!

En daar gaan ons toe. Ek en my suster Mev Fourie vaar toe op donderdag die 10de Desember uit vanaf sonnige SA, na die koue Europa. Ons eie beplande toer van Duitsland, Nederland en Frankryk het met 'n goeie voet begin, met ons vlug op die Qatar'se lugdiens. Dit is 'n 5ster lugdiens met die beste Ekonomiese klas kajuit in die wêreld. Ons oorklim op Doha was een van die vinnigste nog! Binne 20 minute was ons uit die een vliegtuig reg binne in die ander een. Hulle diens aan boord is glad nie sleg nie, maar ek moet dit tog ook sê dat ons eie SAA glad nie terugstaan as dit by die diens in die kajuit kom nie.Ek kan nou nog vir Claudia sien loop deur die gange van die kajuit op my SAA vlug van IAD na JNB en, die waterbotteljies nie. Qatar loop baie minder rond met water en koeldrank in die donker ure van die kajuit. Die ontbyt op die een vlug van Doha na Frankfurt was iets om te beleef, dit was die lekkerste ontbyt op 'n vlug wat ek nog gehad het. My lyf begin nou al die lekke

Ai tog!

Ek weet nie regtig hoe om hierdie pos te begin nie! Maar dat my gedagtes en my denke en my emosies in 'n tuimeldroër is, is verseker. Ek en my suster, Mev 'Ph'ourie gaan eerskomende donderdag aand op 'n toer na Europa, ek is opgewonde, maar ek is nog nie so opgewonde soos wat ek graag wil wees nie. Daar is soveel dinge wat in my kop rondwaal en dwarrel, dit maak my sommer morbied. Dit is so 'n groot geleentheid! En tog weet ek dat ek, dit van harte gaan geniet as ek eers daar is, maar hoekom ek nog nie so opgewonde is daaroor soos ek graag wou wees nie, weet ek nie!!!! Ek moet soveel draaie nog ry en dinge doen, dat ek skoon naar voel. Die semester wat verby is was vir my een van die ergstes ooit. Die aanpassing op Soshanguve was vir my net een te veel en met rukke het ek gevoel dat ek my kop in 'n emmer wil sit en skree, tot ek nie meer kan nie. Daarna kom lê 'n mens in die aand by die huis net oim opnuut te besef hoe dankbaar 'n mens maar eintlik moet

'n Dankbaarheids-inskrywing

Image
Wat vriende en kennisse betref, het ek as mens werklik baie om voor dankbaar te wees. En met hierdie pos wil ek vandag oor so 'n merkwaardige mens skryf. Uit die staanspoor sal dit werklik nie gestalte doen aan die persoon as ek ook nie iets skryf oor sy familie en sy eggenoot nie, maar die aard van die pos, gaan nie oor die beskrywing van die mens as persoon aangaande sy verhouding met ander nie, dit kom van nature! Die pos gaan eerder oor die diepe innerlike mens en vaderlike-leermeester outoriteits posisie wat die persoon in my lewe het. Dit is amper iets soos 'n Paulus en Timoteus vriendskaps waarderingsband, en op die oogaf sal die mense wat al êrens 'n lesing oor ware vriendskap gekry het, beter weet wat ek met hierdie sinsnede bedoel. Ek sien die persoon konstant met 'n lig in sy oë, soms is dit 'n lig van trane, 'n lig van vreugde, maar meerendeels 'n lig van liefde vir sy Skepper asook sy medemens. Die hulpkrete van sy medegelowiges en kort-ongelow

Is daar 'n God? Is ons een die regte een?

Gisteraand, het ek 'n goeie gesprek op Nimbuzz gehad. (En vir die wat nie weet nie Nimbuzz is 'n kletsprogram vir jou selfoon) Ek en een van my geselsvriende het op die vraag gekom: Is ons God die regte een? Hoe weet ons die Moslems is die dalk reg nie? My antwoord aan hom was die een wat ek gewoonlik gee, nl. Ek het al gesien hoe iemand 'n demoon uitdryf in die naam van ons Here Jesus Christus. Ek het nog nooit gesien dat enige ander geloof dit doen nie. Sy tweede vraag aan my was: Hoe weet ons regtig ons is reg? Hier moes ek dink en my antwoord toe was, Ons het die Heilige Gees wat ons oortuig, geen ander godsdiens kan ooit seker wees nie, en daarom weet ons as kinders van die Here waar ons hoop en verwagting is. *~*~* Soos wat somige van julle seker kon agterkom uit my vorige "bepostings" sukkel ek op geestelike terein, en voel ek dat Paulus se woorde van: "Die goeie wat hy wil doen maar nie doen nie" al hoe meer waar raak in my lewe ook. Dit is '

Onding

Ongevraagde elemente, onrus in die siel! onbeskaamde helle-oes! Onverdiende toegang onbetaalde trou onder op 'n altaarvloer! Eensgestorte lewe Eenmaal was 'n roep Eenmaal ewig alsvergewe Here hoor my roep!

Lied in die donker

Bring vir my die lewenswater rus as daar is my hart se dooie vlees kamers skree daar's soveel twis Liewe Heer my goeie Vader eenmaal by die meer het U eens die brood gebreek kom breek dit vir my weer Aande dae, sonnekringe kom en gaan verby êrens is die seer so diep ek huil wees U by my Liewe Heer my goeie Vader eenmaal op die stoep het U oë u seun gesien wat uit die verte roep As ek met 'n ruwwe naald dit diep uit my kon krap het ek Heer dit so gedoen dat lewenswater spat Liewe Heer my goeie Vader lanksaam kom daar son wees u weer my eie steun my genadebron, wees u weer my eie steun my genadebron!

AJ Buitendag & MJdK Buitendag

Ek het die volgende oor twee baie besonderse mense ontvang van my neef. Ek sit dit net so hierin. Meskien moet Magiel ook begin blog :-) Bertie , ek dink jy sal seker verbaas wees om van my te hoor. Ek het heel toevalig by jou “B log ” uit gekom. Ek het my naam ge “ Goggle ” en daar deur “gesurf” toe my oog Bertie B uitendag onder aan die blad gevang het .Ook die stukkie waar staan my O um a en O upa was …. Ek kon met baie dinge wat jy van O upa en veral van Ouma gesê het vereenselwig. Ek het dit goed gedink om van my gedagtes en herinderinge van hulle ook met jou te deel. Ons het n’ tyd lank langs O uma - hulle en ook by hulle gebly toe ek nog n’ klein tjokkertjie was.Ek het selfs meeste van my standerd 6 ja ar by hulle gebly toe my ouers K lerksdorp toe getrek het en ons die jaar by Gerrit Maritz moes klaar maak . Ek dank God vir daardie voorreg .Ek besef nou eers die groot invloed wat daardie tyd saam m et dié twee pragtige mense op my lewe gehaat het. Toe ek die ged

Tatta oom Obama! Hello Caparero en ander en kom hier Douwe Egberts gee my 'n slukkie!

Dit was my laaste slapie in die VSA en vandag om 11:20 kom laai die bussie my op by my Hotel na die lughawe vir my vlug om 17:00. Washington is 'n mooi stad en met baie kontraste teenoor NY. Die geboue is korter, baie baie korter en die meeste is wit of liggrys of lig. Die mense hier is ook anders. Baie meer formeel, baie meer .... soos my ouma Anna sou se "Gekoller en getai". Ek was twee nagte hier in DC (ek weet nou nog nie waarvoor dit staan nie). Eergisteraand het ek laat eers by my Hotel aangekom omdat die vlug waarop ek was van Atlanta af hiernatoe vertraag was. (Een ding! Ek hou nie van Delta Airlines nie! Alles is ge-outomatiseer, alles om die dinge vinniger en beter te maak, maar ek dink ons inboekstelsel daar in SA werk beter. Jy kannie 'n sitplek kies nie! Nee jy wag dat die rekenaar ene vir jou toeken. Die tannie by die toonbank waar jy jou bagasie ingee is ook uiters onbeskof! So ook die balronde omie by die hek na die vliegtuig) Een ding wat my byval en

Sondag in Macon Atlanta - Die konferensie is in volle swang!

Dit is alweer Sondag, Opstandingsdag en die week is snel verby. 'n Week wat vir my baie dinge ingehou het, baie ervarings, baie baie gedagtes en gevoelens, ene wat ek baie diepe ervarings beleef het. Die interaksie tussen die mense en die blywende feit dat die mens, maar die mens bly; orals in die wereld is daar pyn, hartseer en blydskap maar die mooiste wat uitstaan is dat God se genade orals uitstaan! Genade onbeskryflik groot! Ek het 'n paar vriende gemaak hier by die Insite2009 konferensie, en is baie dankbaar om vir die interaksie met mense. Eergister en gister was baie leersaam. En ek voel sommer goed oor my studies. Daar is lig en daar is hoop omdat ek weet dat dit goed sal gaan. Ek het baie dinge geleer en tot baie splinternuwe kennis gekom. Veral in die omgewing van Learning Objects, Informing Objects, en Knowledge Objects! So reg in my kraal. Ek is dankbaar en baie bly om onder iemand soos Prof. van der Walt the studeer. Hy is nie net my Mentor nie, maar ook my leerme

Altanta Georgia wat 'n dag, en Macon Georgia

Wat 'n afgelope paar dae was dit nie. Ek het eergister in Atlanta aangekom en is na my Hotel toe met 'n Shuttle. Dis is 'n slim idee om te volg en ek gaan verseker dit in die toekoms weer gebruik. Die wat ek in gebly het is naby aan die lughawe, en bied 'n gratis 'shuttle' diens van die lughawe heen en weer. Een goeie ding daarvan is dat die hotel ten minste $30 per nag goedkoper is, en die vervoer na die hotel gratis, wat 'n bargain! En om in die stad te kom is die publieke vervoer baie goedkoop 'n heeldag toerkaart het my $8.00 gekos om te ry soos wat ek wil. Ek was gister by 4 toeriste hoogtepunte in Atlanta en hoe het ek daar gekom? Wel met Martatjie! Jip TaMARTA het my daar geneem. Marta is die naam van die publieke vervoerstelsel in Atlanta wat die trein en busstelsel insluit. Ek het die Olimpiese herdekingspark besoek, WOW dit was mooi. Daarna is ek na die CNN hoofkantoor vir 'n toer van die ateljee's en Jinne was dit nou iets om te sien e

Dag 4 in Amerika. Dag 1 van die week. :-)

Haai almal wat hier lees! Ek het sommer besluit om vandag 'n ekserp van 'n epos aan my ou Technikon-aanneemma hier op te plaas. Dit vertel mooi van wat ek alles vandag gesien gedoen, beleef en ervaar het hier in die Grote Appel. Hello Mev E. Ek hoop dat jy my sms en my epos gekry het. Behalwe at alles sover hier in NY regtig iets is om te beleef was dit vanoggend se erediens in die Fith Avenue Presbetarian Church iets om te beleef en 'n kerkdiens wat ek nie sommer sal vergeet in my lewe nie. Ek was tussen soveel kulture, en saam het ons ons Skepper en maker aanbid. Daar is 'n groot aantal oosterse mense in die erediens gewees, en die manier hoe hulle mekaar groet en saam erediens hou is vir my iets besonders. Dit is wonderlik om te sien wat 'n standaard in die diens gehandhaaf word. Ons glo ek nie was al in ons lewe al op daardie punt in enige NG kerk nie, nee ek meen nie die verkondiging van die Evangelie nie, maar die diepe koinonia wat daar tussen die mense is. D

Dag 3 In Amerika

Image
Dit is regtig iets om te beleef! Ek het nie woorde om hierdie inskrywing reg mee te begin nie. Dit is nou Sondagoggend 7 Junie en die tyd op die kamerhorlosie se dit is 04:40. Eergister was 'n papnat dag in NY! Ek het maar in die Hop-On Hop-Off bus vertoef, en verder die stad verken. Dit is interessant om te weet dat die liewe Hollanders 'n enorme rol gespeel het in die vorige bestaansjare van die "New Amsterdam" wat toe later 'n gedeelte van die huidige NY geword het. Wall straat het New Amsterdam geskei van die res van die stad omrede die die hollanders 'n houtmuur tussen die twee gedeeltes opgerig het om die Britte uit te hou. Hehe. Die koloniale peste was ook maar erg daardie tyd lyk dit my. Ek het verder die grote stad verken, en het regtig weereens tot die besef gekom, dalk gebeur dit daagliks met my; van hoe klein die mens regtig is. Dit is opmerklik om te sien hoeveel staatuitvoerings en hoeveel staartkonserte daar is, plek plek sien 'n mens groepe

Daar gaan ek toe op weg naar Amerika!

Image
Die vlug rekenenaar skerm se dat dit tans 3:23 am in NY is en ek sit hoog bo in die wolke. Dit is ‘n belewenis! een waarvoor ekndie liewe Heer baie baie dankbaar voor is. Op die vlug skermpie wys die vliegtuig op die kaart dat ons reg oor die erens ietwat in die middel van die atlantiese oseaan is. Daar is nog 4:04 ure se vlieg oor en dan sak ons neer in NY dit is as die Here dit steeds wil. Ek is Christus baie dankbaar vir alles wat Hy uit sy groot genade vir my doen, en alles wat Hy so uitbundig aan my skenk. Dit is so wonderlik om te weet dat selfs hier waar ek 11 604m bo in die eter van die aardwolf is dat God ook daar is. Ek wonder wat sou Dawid geskryf het in sy Psalms as hy geweet het dat die mens eendag deur die kennis van God gaan leer om ‘n masjien te maak wat die mens sal laat vlieg. Die son skyn uit op die horison, en die puntvlerk van die puntvlerk van die Airbus 340-300e waai trots ons vlag. Daar kom ‘n lied by my op, ‘n ou lied: Op berge en in dale ja oweral is God waar

Toe is ek weer terug... op die Net meen ek....

Genade. 5 Weke laas! nee meer as 5 weke laas het ek my gedagtes laat gaan op hierdie bekopte ruimte van gedagtes en gevoelens. En watse meer as 5 weke was dit nie. Dit was soos die jong mense sal se: "HETIC!!!!". Een van groot VERLIES, een van baie pyn en hartseer. Maar ook een van hoop. Die aftwerwe van 'n geliefde is iets wat elke mens tot in sy diepste wese ruk, nee nie net ruk nie maar tot stilstand en introspeksie DWING!!! En so was die afgelope weke ook in my lewe. Ek het so baie om te se en daar gaan soveel dinge deur my ou kop dat ek nie eers weet waar om te begin nie. Die komende week is een wat veel belofte en opwinding inhou. Ek gaan na die VSA! En ek sien vreeslik uit daarna. Maar intussen het die VREEMDE (kode woord vir UNISA) vir my 'n berg vraestelle gestuur om te merk. Oi!!! maar nou ja, ek mag nie kla nie en ek is baie baie baie baie dankbaar dat ek wel die werk mag he. So ek merk verwoed!!! Ek gaan nou hierdie pos afsluit, en belowe om soos ek toer

In die Bastion van Afrikaanse onderwys in 'n Engelsgefundeerde skool

Image
Vandag is ek dankbaar. Dankbaar vir baie dinge en die wek was ook een van daardie weke wat ek nogal konrefelkteer oor die lewe. Om meet e begin kan ek sê: Dankie HERE. Dankie, uitbundig dankie vir al die genade wat U so mildelik aan my bewys. Vandag (Saterdag 21 Maart) is ook Maggie se begrafnis. Dit was nogal lank voordat sy begrawe is. Ek sit stil en dink vanoggend weer aan haar. Dit is nou 7:28. Ek sit ook in van die allersnaakste of allerongewone plekke, of so dink ek. Ek sit in die rekenaarlabarotorium van Grey College, in Bloemfontein. Ek het hierdie week die voorgeg gehad om so ‘n ietsie van die skool te beleef tydens my aanbieding van ‘n werkswinkel aangaande Delphi vir die skole in die omgewing. Ek geniet sulke werkswinkels terdeë. Dit is vir my lekker om te sien hoe party kinders se oë ophelder as ‘n mens sekere moeilike konsepte aan hulle verduidelik. Ek geniet die mense, ek geniet die onnies en ek geniet die hele gedagte daaraan dat ek ook in kinders se lewens iets kan bete

Tata MaMaggie

Image
Ek kyk vandag met waserigge oe na die skerm. MaMaggie is oorlede. En ek is baie hartseer saam met haar kinders. My hart is sommer stukkend. En ek huil. Die Here stuur baie mense oor 'n mens se pad, regtig baie. Party laat Hy toe dat julle paaie net vir 'n kort tydjie kruis en ander gee Hy die geleentheid om aan jou te skaaf, en aan jou te vorm. Maggie Brenda Basson was so, 'n persoon. Maggie het vir ongeveer 21 jaar lank vir ons gewerk. In 2004 het sy egter op pensioen gegaan, en sederdien werk haar dogter as my huisbestuurder. Ek het nog nooit, en ek glo nie ek sal ooit weer die voorreg he om saam met so 'n famielie 'n deel te vorm nie. Maggie hulle het toe ons nog op Klip en Kruisfontein plotte gebly het op in 'n huis op iemand se plot gebly. Sy was een van die eerste huishulpe wat my ouma Stienie en my ma ooit aan diens gestel het in die vroee 80ger jare. My ouma hulle kon nooit uitgepraat raak oor hoe Maggie dit kon regkry om 'n ou Aluminium pot te laat