Van Johannesfurt fort na Frankfurt, Karen en Bertie. Agh..tung!!

En daar gaan ons toe. Ek en my suster Mev Fourie vaar toe op donderdag die 10de Desember uit vanaf sonnige SA,
na die koue Europa. Ons eie beplande toer van Duitsland, Nederland en Frankryk het met 'n goeie voet begin, met ons vlug
op die Qatar'se lugdiens. Dit is 'n 5ster lugdiens met die beste Ekonomiese klas kajuit in die wêreld. Ons oorklim op Doha was een van die vinnigste nog! Binne 20 minute was ons uit die een vliegtuig reg binne in die ander een. Hulle diens aan boord is glad nie sleg nie, maar ek moet dit tog ook sê dat ons eie SAA glad nie terugstaan as dit by die diens in die kajuit kom nie.Ek kan nou nog vir Claudia sien loop deur die gange van die kajuit op my SAA vlug van IAD na JNB en, die waterbotteljies nie. Qatar loop baie minder rond met water en koeldrank in die donker ure van die kajuit. Die ontbyt op die een vlug van Doha na Frankfurt was iets om te beleef, dit was die lekkerste ontbyt op 'n vlug wat ek nog gehad het. My lyf begin nou al die lekker eet lelik wys, ai dit is 'n swaar ding vir my, ek sal iets moet doen, maar daaroor gaan ek my eers bekommer in die nuwe jaar. Ek weet darem dat ek nie die enigste persoon is met daardie probleem nie.
Met ons wag vir die vliegtuig vanaf Kaapstad om by Johannesburg na Doha te vlieg het ons 'n vrou ontmoet wat ook met 'n Duitser getroud was, sy was baie vriendelik en het ons gewaarsku dat baie duitsers maar nors voorkom maar nie eintlik in hulle geaardheid nors is nie. Haar stelling was konstant sover verkeerd bewys. Amper al die Duitsers waarmee ons gesels het was baie vriendelik gewees; van die busbestuurders, die mense op die treinstasie om ons te help op die regte moltreine, die hotelpersoneel asook die pragtige jong dolla wat ons verkeerd gehelp het na de ondergrondse parkade instede van die ondergrondse moltrein. :-)
Die hotel waarin ons bly is ook baie mooi. Die hotel is so 2.1 km van die groot hoof treinstasie af in die dorp. Die publieke vervoerstelsel is soos enige eerstewereld land, prima! Die rigtings van die moltreine by die ondergrondse haltes is egter 'n probleem, die rigting van die moltrein op die platform word nie mooi aangedui nie. So ek moet nog elke keer die regte rigting van die moltrein aanvra.
Gisteraand was ons na een van die kersmarkte in die Romer gedeelte van die dorp, wat 'n belewenis was dit nie, van gebraaide en versuikerde neute, tot marzipein lekkers. (Ai! Waar is mev HGE nou! [dink aan jou!]) Kersfees in duitsland word Weinacht genoem en dit is 'n groot famielie geleentheid in Duitsland! Orals loop ouers met hulle klein kinders rond en kan 'n mens die verwondering op die kinders se gesigte sien. Die Gluwein stalletjies is vol mense, en vir die eerste keer in 'n baie baie lng tyd in my lewe het ek gesien dat mense weer sop uit 'n sop kommetjie drink. Wat 'n gesig! Vandag is ons beplaning om op die rooibustoer deur die dorp te gaan en op en af te "hop". Die son sal seker so 10uur die oggend opkom.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!