Posts

Showing posts from August, 2013

Liewe juffrou bordkryt, tou. Hierdie woorde is vir jou!

Die kindjie moet op rittelin gaan sy maak haar juffrou te gedaan Juffrou is mos moeg! Die kindjie is glads al te wild, dit is die ouers se domme skuld Laat haar verstand bedaar! Gee die stroopies en kry klaar! Juffrou wil 'n rustige dag hê! As die ouers dan nie luister nie; Sal die kind vir hul sonde les op sê Juffrou sal dit nie duld nie! Juffrou maak jou stoel aan die tafel vas! Haal haar wonder bordkryt poeier uit die kas, en strooi dit oor daardie kinder koppie Die koppie met die las! Bedaar met hierdie poeier! Die ander kinders moet baie mooi sien Die juffrou het haar salaris verdien Vandag haar godgegewe taak gedoen, na die gebed in die personeelkamer. Die juffrou het die Bybel misgelees hierdie bles oom is dit bevrees want erens weet ek, staan daar duidelik, Die Groot leermeester sê so: "En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is