Posts

Showing posts from September, 2017

Verlede pere

Daars gebakte pere in my hart gebrandes in my kop as in my siel gemoedelik 'n flop Eersbestaande leefmilieu gekring geklaar gekletter "Hopschotts" van die lewe Sonde by die letter Letters in gedagtes Letters in woorde Letters in data en letters in 'letters' En nou letters van gister woorde van hartseer sinne van spyt Daars gebakte pere in my hart gebrandes in my kop as in my siel Gees kom krap dit uit Asseblief asseblief Sela Amen