Posts

Showing posts from March, 2012

Gedagtes n.a.v – Joh. 21:15-17 en Mat 18:3-7

Ek het die afgelope week baie gedink sommer oor baie dinge. Die een teksgedeelte in die Bybel wat my laat dink het is Mat 18:3-7 Mat 18:3-7  en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.  En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.   Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom. Ek wonder of dit figuurlik ook gesien kan word? Wat van as iemand met 'n 'jong' of 'klein' geloof afvallig gemaak word deur prediking of gedagtes..... wat dan? Dit het my laat dink om iets biddend en smekend te vra....

Eks jammer n.a.v 'n vorige 'blog' [nou verwyder]

Image
Ek is jammer. Wat meer kan ek sê?   Ek het my gevoelens en opinie uitgespreek. En die woorde op die beeld hierbo het my laat dink. Ek moet leer om nie te oorreageer nie, ek het 'geblog' oor hoe ek voel, en iemand kon aanstoot neem. My 'Beliefs' en my 'Behaviour' het nie bymekaar gepas nie. My gedagtes op skrif maak dalk seerder as dieselfde gedagtes in my kop.  Dink ek nou anders oor wat ek eers gesê het? NEE! (nog nie........) Moes ek dit anders hanteer het:  JA! (verseker!) My optrede was sonder insig, maar my hart se gevoel was steeds myne. Dalk is Titus 1:15 en 16 waar in my lewe, dalk is ek ook koppig en my verstand besoedel. Daarvoor moet ek onvergifnis vra.  Die waarskuwing in Jak 3:13 tot 15 was dalk waar in my lewe.  En ek moet self deur die genade aan vers 16 tot 18 werk. Here gee asseblief dat; deur U genade Jakobus 3:16 tot 18 waar sal word. Maak my gewillig en bekwaam om U woord uit te voer.(Fil 2:13) Amen