Eks jammer n.a.v 'n vorige 'blog' [nou verwyder]

Ek is jammer. Wat meer kan ek sê?

 

Ek het my gevoelens en opinie uitgespreek. En die woorde op die beeld hierbo het my laat dink. Ek moet leer om nie te oorreageer nie, ek het 'geblog' oor hoe ek voel, en iemand kon aanstoot neem. My 'Beliefs' en my 'Behaviour' het nie bymekaar gepas nie.

My gedagtes op skrif maak dalk seerder as dieselfde gedagtes in my kop. 

Dink ek nou anders oor wat ek eers gesê het?

NEE! (nog nie........)

Moes ek dit anders hanteer het: 

JA! (verseker!)

My optrede was sonder insig, maar my hart se gevoel was steeds myne.

Dalk is Titus 1:15 en 16 waar in my lewe, dalk is ek ook koppig en my verstand besoedel. Daarvoor moet ek onvergifnis vra. 

Die waarskuwing in Jak 3:13 tot 15 was dalk waar in my lewe.  En ek moet self deur die genade aan vers 16 tot 18 werk.


Here gee asseblief dat; deur U genade Jakobus 3:16 tot 18 waar sal word. Maak my gewillig en bekwaam om U woord uit te voer.(Fil 2:13)


Amen

 
 

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer