Here dankie vir my vrou!

Here! Dankie vir my vrou.
Vir my, 
ons lewensliefde.
Iemand waarvan ek hou.

Here, dankie vir die mooi in haar
wat uitstraal soos 'n lig.
Wat my die toekoms weer laat sien
vanuit 'n ander sig.

Here! Dankie vir 'n lewensbaan.
En haar,
om hand en hand
mee saam te gaan.

Here, dankie vir wat u ons gee:
'n kind ons lewensklop!
En met hierdie mooie wete
u Gees, en hand hou oor ons dop.

Here! Dankie vir my vrou.
Dat ek ons huwelik, en kroos
aan U alleen,
veilig  kan toevertrou.

Help, maak my 'n man nader aan U hart
en wees met ons op die lewenspad, want;
Waar anders sal ons hulp vandaan kom?
As egter U alleen.

Here! Dankie vir my vrou!
Vir my, 
ons lewensliefde.
Iemand waarvan ek hou.








Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!