Posts

Showing posts from April, 2011

In Amerika - April 2011 (Deel 2)

Dit was lekker in San Fransisco. Ek het in 'n goedkoop hotel gebly, en die diens en verblyf was glad nie sleg nie. Die eerste paar ure in SFO was erg, dit het vir die eerste span gereen en dit was lekker koud. Darem kon ek vinnig op een van die Hop-On-Off busse klim, en die eerste een wat ek geneem het was toe welliswaar die een oor die Golden Gate brug. Dit is lankal nie meer die grootste brug in SFO nie, maar is steeds iets baie besonders om te sien. Die omliggende landskap is pragtig, en die see en mere soos wat hulle die "Bay area" noem is pragtig. Ek het my benens afgeloop in die stad. En het verskeie plekke gesien, soos die fabriek waar "Charly & die Choclate factory" sou afspeel, asook baie mooi tereine en tuine. Daar is selfs 'n baie baie gewilde straat ganaamd: Lombard straat (Sjoe die Lombards is orals), van Parys tot Amerika en die hele wye wêreld vol. Dit is ook die plek in die stad met die grootste kronkelpad,en die mooiste tuin. Ek het Alca

In Amerika - April 2011 (Deel 1B)

Die afgelope paar dae in San Diego, saam met Ester & LeRoux en kinders was baie lekker en leersaam. San Diego is 'n baie pragtige kusdorp, wat 'n mens nostalgies laat dink aan die Kaap. Maar die Kaap bly die Kaap! Die mense is baie anders en baie vriendeliker as wat ek oor die deursnit beleef het in Washington. Daar is baie mense wat Spaans praat, en ek dink die lewensomstandighede vir hulle is anders. Hulle is werklik vriendelik en baie "jollie" mense, maar baie keer op die gesigte en gelaat van baie van die mense, kan 'n mens die lewenshale van die swaar kant an die lewe sien. Die sokkerbyeenkomste waar ek was waar Brandon gespeel het, was werklik iets besonders. Die ouers is ten volle betrokke en anders as in SA, het ek nie die gevoel gekry dat die kinders speel om op te maak vir hulle ouers se foute in hullee jonger dae nie. Ek was gister by die $0.99c winkel, en 'n mens kan allerhande dinge daar koop. My een tas is alreeds vol van die 99c bargains. Va

In Amerika - April 2011 (Deel 1A)

Dit is vandag die 23ste April, die derde dag wat ek in Amerika is. Ek weet nie waar om te begin en wat om te tik nie, so kom ek begin maar met die dinge wat my opgeval het Eerstens wil ek iets patrioties se (hoop dit is reg gespel) - Ek en ons kan regtig dankbaar en trots wees op 'n lugdiens soos SAL, regtig. My vlugte (JNB-DKR-IAD) is elke keer goed. Boenbehalwe die feit dat ek goed op die vliegtuig behandel is, is daar altyd 'n koeldrak of koffie of broodjie esktra agter in die ruim. Die lugwaardinne is vriendelik, en gee glad nie om om vir my ou Koffiepot koffie aan te bring nie. Ek het hierdie keer probeer om, te slaap op die vliegtuig, en het twee slaappille gedrink, saam met een medlemon. Dit was 'n fout, ek was vir 'n rukkie so deurmekaar soos 'n weeluis op, op 'n staalwolmatras, maar slaap was niks nie. 40 min voor die tyd op die vliegtuig, 8uur, 25 min na Dakar, 1 uur 15min op Dakar "want die vliegtuig moet geinspekteer en 'gedubbelinspekteer w