Posts

Showing posts from October, 2011

Die logika daarvan

Na aanleiding van: Dáár is nie hoop nie! – Ek wil SKREEU! Ek is moeg geveg! En intussen is die bevooregtes bevoordeel, en die wyses weg! ‘n Vergroeisel in die Akademie, verdoem die logika weg! En die regtes is die slegtes, en die slegtes is tog so wys, want al wat die regtes makeer is….. hulle gee om. [Bertie Buitendag - Facebook, post 2011/10/25 om 7:40] Ek skink vir my 'n kopie Java met my komponent geboude koffiemasjien 'n proses en 'n lekkerte wat my oog nie sien Ek druk en draai 'n knoppie, om my eindproduk te kry en twee strale lekkerte word gemaak vir my Die koffie word vervaardig in 'n logikaprose s in voorbepaalde algoritmes objek boodskap op opbjek gebeurtenis En ek leer die proses, deur die sien daarvan met interaksie van masjien en man En ek, ek is die slegte een, omdat ek koffie  met 'n masjien maak!  

Werksweekretorie

Dit is nog 'n week met nog dinge dietjies en datjies met hordes sinelose vergaderings voorleggings verskuilde agendas en blindeoog leuens. Dit is nog 'n week vol dinge van waansin en mense met aansien Professor, Doktor, edele meneer Selfs die Ds. eerwaarde  moet die mense leer, handevol niks Dit is nog 'n week met punte en state rooi ink en kennis skyn en as die aksies moet loop in die donker verdwyn. Liewe Proffessor non-doktor is dit dan steel of nie? Dit is nog 'n week dalk ons laaste week? Van sinnelose tydpspandering in ons akademiese- rampantjanna-regering! Kom tyd kom raad! Verlos ons van die overdaad! Dit is nog 'n week,  soos elk ander week En hier sit ek  en dink die tyd verby. Sal enige van die braaksel gedagtes, ooit by U Here aanklank kry? Vergewe my!