Die logika daarvan

Na aanleiding van:

Dáár is nie hoop nie! – Ek wil SKREEU! Ek is moeg geveg! En intussen is die bevooregtes bevoordeel, en die wyses weg! ‘n Vergroeisel in die Akademie, verdoem die logika weg! En die regtes is die slegtes, en die slegtes is tog so wys, want al wat die regtes makeer is….. hulle gee om.

[Bertie Buitendag - Facebook, post 2011/10/25 om 7:40]

Ek skink vir my 'n kopie Java
met my komponent geboude koffiemasjien
'n proses en 'n lekkerte wat my oog nie sien

Ek druk en draai 'n knoppie,
om my eindproduk te kry
en twee strale lekkerte word gemaak vir my

Die koffie word vervaardig in 'n logikaproses
in voorbepaalde algoritmes
objek boodskap op opbjek gebeurtenis


En ek leer die proses, deur die sien daarvan
met interaksie van masjien en man


En ek, ek is die slegte een, omdat ek koffie 
met 'n masjien maak!




 

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!