Posts

Showing posts from June, 2009

Tatta oom Obama! Hello Caparero en ander en kom hier Douwe Egberts gee my 'n slukkie!

Dit was my laaste slapie in die VSA en vandag om 11:20 kom laai die bussie my op by my Hotel na die lughawe vir my vlug om 17:00. Washington is 'n mooi stad en met baie kontraste teenoor NY. Die geboue is korter, baie baie korter en die meeste is wit of liggrys of lig. Die mense hier is ook anders. Baie meer formeel, baie meer .... soos my ouma Anna sou se "Gekoller en getai". Ek was twee nagte hier in DC (ek weet nou nog nie waarvoor dit staan nie). Eergisteraand het ek laat eers by my Hotel aangekom omdat die vlug waarop ek was van Atlanta af hiernatoe vertraag was. (Een ding! Ek hou nie van Delta Airlines nie! Alles is ge-outomatiseer, alles om die dinge vinniger en beter te maak, maar ek dink ons inboekstelsel daar in SA werk beter. Jy kannie 'n sitplek kies nie! Nee jy wag dat die rekenaar ene vir jou toeken. Die tannie by die toonbank waar jy jou bagasie ingee is ook uiters onbeskof! So ook die balronde omie by die hek na die vliegtuig) Een ding wat my byval en

Sondag in Macon Atlanta - Die konferensie is in volle swang!

Dit is alweer Sondag, Opstandingsdag en die week is snel verby. 'n Week wat vir my baie dinge ingehou het, baie ervarings, baie baie gedagtes en gevoelens, ene wat ek baie diepe ervarings beleef het. Die interaksie tussen die mense en die blywende feit dat die mens, maar die mens bly; orals in die wereld is daar pyn, hartseer en blydskap maar die mooiste wat uitstaan is dat God se genade orals uitstaan! Genade onbeskryflik groot! Ek het 'n paar vriende gemaak hier by die Insite2009 konferensie, en is baie dankbaar om vir die interaksie met mense. Eergister en gister was baie leersaam. En ek voel sommer goed oor my studies. Daar is lig en daar is hoop omdat ek weet dat dit goed sal gaan. Ek het baie dinge geleer en tot baie splinternuwe kennis gekom. Veral in die omgewing van Learning Objects, Informing Objects, en Knowledge Objects! So reg in my kraal. Ek is dankbaar en baie bly om onder iemand soos Prof. van der Walt the studeer. Hy is nie net my Mentor nie, maar ook my leerme

Altanta Georgia wat 'n dag, en Macon Georgia

Wat 'n afgelope paar dae was dit nie. Ek het eergister in Atlanta aangekom en is na my Hotel toe met 'n Shuttle. Dis is 'n slim idee om te volg en ek gaan verseker dit in die toekoms weer gebruik. Die wat ek in gebly het is naby aan die lughawe, en bied 'n gratis 'shuttle' diens van die lughawe heen en weer. Een goeie ding daarvan is dat die hotel ten minste $30 per nag goedkoper is, en die vervoer na die hotel gratis, wat 'n bargain! En om in die stad te kom is die publieke vervoer baie goedkoop 'n heeldag toerkaart het my $8.00 gekos om te ry soos wat ek wil. Ek was gister by 4 toeriste hoogtepunte in Atlanta en hoe het ek daar gekom? Wel met Martatjie! Jip TaMARTA het my daar geneem. Marta is die naam van die publieke vervoerstelsel in Atlanta wat die trein en busstelsel insluit. Ek het die Olimpiese herdekingspark besoek, WOW dit was mooi. Daarna is ek na die CNN hoofkantoor vir 'n toer van die ateljee's en Jinne was dit nou iets om te sien e

Dag 4 in Amerika. Dag 1 van die week. :-)

Haai almal wat hier lees! Ek het sommer besluit om vandag 'n ekserp van 'n epos aan my ou Technikon-aanneemma hier op te plaas. Dit vertel mooi van wat ek alles vandag gesien gedoen, beleef en ervaar het hier in die Grote Appel. Hello Mev E. Ek hoop dat jy my sms en my epos gekry het. Behalwe at alles sover hier in NY regtig iets is om te beleef was dit vanoggend se erediens in die Fith Avenue Presbetarian Church iets om te beleef en 'n kerkdiens wat ek nie sommer sal vergeet in my lewe nie. Ek was tussen soveel kulture, en saam het ons ons Skepper en maker aanbid. Daar is 'n groot aantal oosterse mense in die erediens gewees, en die manier hoe hulle mekaar groet en saam erediens hou is vir my iets besonders. Dit is wonderlik om te sien wat 'n standaard in die diens gehandhaaf word. Ons glo ek nie was al in ons lewe al op daardie punt in enige NG kerk nie, nee ek meen nie die verkondiging van die Evangelie nie, maar die diepe koinonia wat daar tussen die mense is. D

Dag 3 In Amerika

Image
Dit is regtig iets om te beleef! Ek het nie woorde om hierdie inskrywing reg mee te begin nie. Dit is nou Sondagoggend 7 Junie en die tyd op die kamerhorlosie se dit is 04:40. Eergister was 'n papnat dag in NY! Ek het maar in die Hop-On Hop-Off bus vertoef, en verder die stad verken. Dit is interessant om te weet dat die liewe Hollanders 'n enorme rol gespeel het in die vorige bestaansjare van die "New Amsterdam" wat toe later 'n gedeelte van die huidige NY geword het. Wall straat het New Amsterdam geskei van die res van die stad omrede die die hollanders 'n houtmuur tussen die twee gedeeltes opgerig het om die Britte uit te hou. Hehe. Die koloniale peste was ook maar erg daardie tyd lyk dit my. Ek het verder die grote stad verken, en het regtig weereens tot die besef gekom, dalk gebeur dit daagliks met my; van hoe klein die mens regtig is. Dit is opmerklik om te sien hoeveel staatuitvoerings en hoeveel staartkonserte daar is, plek plek sien 'n mens groepe

Daar gaan ek toe op weg naar Amerika!

Image
Die vlug rekenenaar skerm se dat dit tans 3:23 am in NY is en ek sit hoog bo in die wolke. Dit is ‘n belewenis! een waarvoor ekndie liewe Heer baie baie dankbaar voor is. Op die vlug skermpie wys die vliegtuig op die kaart dat ons reg oor die erens ietwat in die middel van die atlantiese oseaan is. Daar is nog 4:04 ure se vlieg oor en dan sak ons neer in NY dit is as die Here dit steeds wil. Ek is Christus baie dankbaar vir alles wat Hy uit sy groot genade vir my doen, en alles wat Hy so uitbundig aan my skenk. Dit is so wonderlik om te weet dat selfs hier waar ek 11 604m bo in die eter van die aardwolf is dat God ook daar is. Ek wonder wat sou Dawid geskryf het in sy Psalms as hy geweet het dat die mens eendag deur die kennis van God gaan leer om ‘n masjien te maak wat die mens sal laat vlieg. Die son skyn uit op die horison, en die puntvlerk van die puntvlerk van die Airbus 340-300e waai trots ons vlag. Daar kom ‘n lied by my op, ‘n ou lied: Op berge en in dale ja oweral is God waar