Posts

Showing posts from May, 2017

Sondag

Dalk my laaste Sondag Dalk my laaste uur Dalk my eerste ewigheid die horlosie teen die muur Dalk my laaste neemkans Genade net van bo Dalk my eerste beurt Heer om opnuut in U te glo Red tog liewe Vader Strek U arm van Bo!

Red volkome

Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. (Luk 23:34) Vader hulle is ek, en hulle is jy En jy -  jy is nie meer in hierdie tydsbedeling nie maar, tog is jy Vader ek was ook van die hulle Deel van die hulle  geleef in deurkolkte verdraaings; sonder om retig te weet wat ek doen vasgevang in die begeerlikhede die sinne van die vlees. En jy; dalk jy ook Nee: ek weet jy ook. Jy in jou milue,  draaikring van die donker, satanssluier brulleeumaalkolk, gedagtedoelenlatewêreld en ek in myne Maar tog! Tog was God - en is God ryk en vol van genade lief vir my en lief vir jou Sy skepsels, meesterlik gevorm En êrens, iewers waar daar lig is Soveel liefdeslig, met Engeleklank Tromppetbasuin en goue strate - Klank en klink die Christus steeds! Die klank van intersessie; O hoe Soet! In die Hemeltroonkamer,  brandende gebedebak waar Hy die Lam steeds intree. Steeds pleit en ken: die versugtinge en bedoelings, gedagtes, doen en late van ons har