Red volkome

Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. (Luk 23:34)

Vader hulle is ek, en hulle is jy
En jy - 
jy is nie meer in hierdie tydsbedeling nie
maar, tog is jy

Vader ek was ook van die hulle
Deel van die hulle 
geleef in deurkolkte verdraaings;
sonder om retig te weet wat ek doen

vasgevang in die begeerlikhede
die sinne van die vlees.
En jy; dalk jy ook
Nee: ek weet jy ook.

Jy in jou milue, 
draaikring van die donker, satanssluier
brulleeumaalkolk, gedagtedoelenlatewêreld
en ek in myne

Maar tog! Tog was God - en is God
ryk en vol van genade
lief vir my en lief vir jou
Sy skepsels, meesterlik gevorm

En êrens, iewers waar daar lig is
Soveel liefdeslig, met Engeleklank
Tromppetbasuin en goue strate -
Klank en klink die Christus steeds!

Die klank van intersessie; O hoe Soet!
In die Hemeltroonkamer, 
brandende gebedebak
waar Hy die Lam steeds intree.

Steeds pleit en ken:
die versugtinge en bedoelings,
gedagtes, doen en late
van ons hart - (myne en joune)

Vader vergeef hom!
en hulle:
Gedenk dit-
aan My bloed

Ryklik barmhartig; waar 'n siel, 
my siel, en 'n siel U roep;
Heer wees ons genadig!
Red volkome!


Luk 23:34
Ef 2:1-13
Heb 7:25
Heb 10:19
1 Joh 1:7

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer