Posts

Showing posts from February, 2011

Brief aan 'n vriend

Beste Vriend Ek weet nie eers hoe om hierdie brief te begin nie. My hart is seer saam met joune, en die warboel gedagtes oor die lewe is ook soos sout op my lewenswortels. Wat kan ek sê oor die dinge van die afgelope tyd. Daar is niks wat ek kan doen om jou hartseer, en dalk ook jou agressie of innerlike tweespalk te demp nie. Weet net een ding, en weet dit verseker! Maak nie saak hoe erg die dinge nou te blyk wees nie, die toekoms en ons verwagting oor dit wat voorlê is verseker beter. 'n Ander goeie vriend van my sê altyd, as jy ding dink dit erg en sleg gaan, en jy in die put is, moet jy weet, dit kan altyd erger. Dit is 'n snaakse, vreemde idioom maar tog waar in elke opsig. Ek kan nie jou omstandighede verander nie, ek kan net toekyk hoe die lewe se wasmasjien sy siklus op jou volstoomsterkte volbring. Dalk, net dalk kan ek dit ter versagtig sê, ek was ook al deur dieselfde wassiklus, 'n paar maal al, en oor al die kere kan ek nou getuig dat ek tog die Here se hand da