Brief aan 'n vriend

Beste Vriend

Ek weet nie eers hoe om hierdie brief te begin nie. My hart is seer saam met joune, en die warboel gedagtes oor die lewe is ook soos sout op my lewenswortels.

Wat kan ek sê oor die dinge van die afgelope tyd. Daar is niks wat ek kan doen om jou hartseer, en dalk ook jou agressie of innerlike tweespalk te demp nie. Weet net een ding, en weet dit verseker! Maak nie saak hoe erg die dinge nou te blyk wees nie, die toekoms en ons verwagting oor dit wat voorlê is verseker beter.

'n Ander goeie vriend van my sê altyd, as jy ding dink dit erg en sleg gaan, en jy in die put is, moet jy weet, dit kan altyd erger. Dit is 'n snaakse, vreemde idioom maar tog waar in elke opsig.

Ek kan nie jou omstandighede verander nie, ek kan net toekyk hoe die lewe se wasmasjien sy siklus op jou volstoomsterkte volbring. Dalk, net dalk kan ek dit ter versagtig sê, ek was ook al deur dieselfde wassiklus, 'n paar maal al, en oor al die kere kan ek nou getuig dat ek tog die Here se hand daarin kon sien.

Jy is vir my meer as 'n vriend, regtig. Jy is soos 'n broer vir my, 'n pastor, 'n Paulus en 'n intersessor. Ek neem jou op as voorbeeld en jou lering kom van God af. Mag dieselfde insig en liefde jou ook bystaan in hierdie tyd. Ek weet dit kan nie maklik wees om deur te gaan wat jy nou deurgaan nie. Maar een ding weet ek! Ek is bereid om saam met jou God se troonsaal binne te bars, en die gebedswirookspan se kole aan te blaas. Op die einde van die dag is dit maar al wat vir ons oorbly.

Ek dra jou in my gebede op, en vee tans die trane van my wange af.

Ek wil hê jy moet dit graag weet.

Jou vriend, en broer in Christus

Bertie

Comments

Popular posts from this blog

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!