Posts

Showing posts from January, 2014

My gebed vir 2014

Gee Here tog, dat Uwe nuwe jaar, in die maalkolk van U raadsplan vir ons aan diekant van die dowwe spieel, so sal wees dat die lig nooit verdwyn nie. Laat ons tog nie drogbeelde van die vyand sien nie nie roem op wat ons nie verdien nie! En ons altyd in U genade loop Ons oë gevestig op U Wees Here tog met my en onse kroos U skepsels in my lewenskring behoed en bewaaar ons dit vra ons onverdiend, onbetaald Help Here tog dat ons in gees en wese elke dag sal groei vir U op hierdie dorre aarde met droogtekrake eindsnikke van die tyd Here, Jesus Christus Wie anders? Wat anders? Sal vir ons ons heil bring! U alleen Amen