My gebed vir 2014

Gee Here tog,
dat Uwe nuwe jaar,
in die maalkolk van U raadsplan
vir ons
aan diekant van die dowwe spieel,
so sal wees dat die lig nooit verdwyn nie.

Laat ons tog
nie drogbeelde van die vyand sien nie
nie roem op
wat ons nie verdien nie!
En ons
altyd in U genade loop
Ons oë gevestig op U

Wees Here tog
met my en onse kroos
U skepsels in my lewenskring
behoed en bewaaar ons
dit vra ons
onverdiend, onbetaald

Help Here tog
dat ons in gees en wese
elke dag sal groei
vir U
op hierdie dorre aarde met droogtekrake
eindsnikke van die tyd

Here, Jesus Christus
Wie anders?
Wat anders?
Sal vir ons ons heil bring!

U alleen

Amen

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!