Oorweldig

Here, dit is te oorweldigend vir my.
Dit is Here.
Dit is te erg
Eks te moeg.

11 jaar Here,
vir wat?
Dit het geen koninkrykswaarde nie
niks
absoluut niks

En Here;
ekke weet nie links of regs,
vorentoe of agtertoe nie.
Op of af?

Dalk Here af,
af,
af op my kniee,
want dit is waar ek nou is.

Hier erken ek U
en U alleen
Gee U tog insig
en wysheid

My Here
waarheen?
hoegemaak?

Maak dit enigsins
saak.
Behalwe die saak
van u koninkryk?

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer