Posts

Showing posts from May, 2011

In Amerika (Deel 3)

Hierdie inskrywing, is 'n bietjie laat. Dit is nou sondag die 1ste Mei (en ek het vrydag in Las Vegas - aangekom), en dit handel oor Seattle en ook idees en gedagtes oppad na Las Vegas. ----- Dalk het ek dit al gesê, ek weet nie. Die VSA is 'n top eerstewêreld land met ongelooflike potensiaal, en aan die voorpunt, van baie dinge. Maar hier wil ek nie bly nie. VIVA LAS VEGAS! Ek is vandag oppad na die stad wat genoem word, die "Fabulous city", ek weet dit is verkeerd gespel. Ek sien baie uit na die tydjie wat ek daar gaan spandeer. Ek wil graag die grand canyon sien. My tyd hier in Seattle was werklik, baie besonders. Die besoek aan die boeing fabriek was een van die hoogtepunte in my lewe en ek is baie dankbaar, vir die geleentheid wat ek gegun is om dit te sien. Die kapasiteit, en die asemrowende prosesse wat daar plaasvind is iets om te beleef. Baie van die dinge is net onwerklik. Die skaal van die dinge daar is ook uitermatig groot, met klem op uitermatig groot. Ek