Posts

Showing posts from March, 2010

Hokke hokaai asseblief

Dit is 'n hok hierdie, met vier mure en 'n venster 'n Venster wat na die wêreld staar, en buite gaan die lewe voort en binne is daar dood Dit is 'n hok hierdie met tande wat 'n tong raak kners En erens hang die doodskleur pers Waar kinders oor die gras baljaar het pa sy eerste drankie klaar Dit is 'n hok hierdie waar haat en afguns welig teer Op almal wat in die donker tas En leuens glo, wat hul gedagtes pas Hierdie hok het dood Hierdie hok het dood en buite gaan die lewe voort Die asem worstel my longe in om my gedagtes krag te gee krag te gee vir nog 'n tree Ek haat my lewenshokke en buite lui die almanskerkklokke Laat ek ook sleepvoet nader gaan en voor die Heer se troom gaan staan Kyrie Eleison

Orals oor

Die wêreld is 'n siek siek plek, met kieme orals oor. En in hierdie dooie donker sieke plek het ek my siel verloor. Die wêreld is 'n naarmaakplek met braaksel regs en links En êrens in die massas plasse het ek my merk gelaat. Nog 'n sluk, en nog 'n glasie Erge sielle heilspurgasie Donker iewers onderin Borrel dooie teer, wat opbruis keer op keer. En snaaks, as ek na asem sluk en weer my hart na die Hemel druk kom daar lig van bowe Soos God my belowe. Net om eenmaal erg eens weer my hart se siellekamer te purgeer. Help tog Here ryk tog uit Dat ek U hand met mag kan gryp weer die dag van môre En eenmaal weer my siel sal roep Uit dieptes gans verlore Van redding hier vandaan.

Die wêreld draai

Die wêreld draai om hoe jy lyk En hoe die ander na jou kyk Die wêreld draai om wat jy het Dis wat die ander op na let Die Hemel draai om wat jy leef En of jy ander ook vergeef Die Hemel draai om wat jy maak Vir Christus koninkryk Sy saak O Here gee my ander oë om so te leef diep neergeboë Dat my hart ewig opwaarts druk U die bron van my geluk