Die wêreld draai

Die wêreld draai om hoe jy lyk
En hoe die ander na jou kyk

Die wêreld draai om wat jy het
Dis wat die ander op na let

Die Hemel draai om wat jy leef
En of jy ander ook vergeef

Die Hemel draai om wat jy maak
Vir Christus koninkryk Sy saak

O Here gee my ander oë
om so te leef diep neergeboë
Dat my hart ewig opwaarts druk
U die bron van my geluk

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!