Posts

Showing posts from January, 2010

Roep my siel jou stem na bowe

Roep my siel Jou stem na bowe Roep my siel na wat U belowe: Dit damp op Here Dit word vol Dit damp op Here Groot swart kol Dit maak seer Here Dit maak naar Dit maak seer Here Wees tog daar Help tog Here Help tog Gees Gee Genade tog meer Vrees Reik U hand uit Vader Strek U arm nader Na die donker put Hier waar ek in godsverlorenheid in my eie groot plas trane sit

Kleinkasjoernaal

Opgeskeurde lewensblaaie inkverlorenheid Dofgekneusde oogwinkkiekies wis dit alles uit! Soveel data nog 'n datum soveel sonde ingebonde Heer, o Gees maak weer 'n draai Kom krap deur ieder hoek en laai Kom wis tog al die onheil uit Wat lewenslus so welig buit! Soveel data nog 'n datum soveel sonde onomwonde Deur genade uitgewis

Maak toe

Maak toe die poorte wyd en syd! Hou die Satan's saad daaruit! Maak toe jou hart se kamerdeure vir aangename onheilsgeure! Tel op jou oë, na die Hemel Waar engle, regmaak met gewemel Tel op jou hande in gebed Di's slegs genade wat jou red Hoe verleidelik Satan's paaie Allerhande kronkeldraaie Laat o Heer my voet nie wankel Laat my siel U bloed laat sprankel Gee vir my U lewenslig Verhelder my oë met ewigheids-sig Laat my voete omdraai Here My Gees homself by u begewe Dit vra ek Here in U naam laat u bloed my eie wil omraam Dan sal my gees eenmaal na bowe Geneem word na u vryspraak howe.

Briewe uit Europa

Image
Hieronder volg die lang beloofde opvolg van my Blog aangaande my toer oorsee. Ek kon dit nie oor my hart kry om in Amsterdam 10 Euro per dag en in Parys 15 Euro per dag te betaal vir toegang tot die internet nie. Ek het twee eposse gestuur in hierdie tyd van 'n epos stasie af, en gaan dit hier pos, dit gee gedeeltes van my gedagtes weer. * ~ * ~ * Hello Hetsie. Dit is vandag Saterdag aand, en dit is snikheet koud hier in Parys. Dit is 'n pragtige stad maar die vet weet, ek bibber van die koue. Dit was vandag -3 tot -1. Ek het nie geweet of ek kom en of ek gaan nie, en om alles te kroon het ek 'n bloutjie geloop met ons laaste Hotel waar ek vir ons bespreek het. Ons sukkel regtig ook met die taal. Daar is nie eers een TV kanaal waar daar Engels is nie. Dit is vreeslik vir my! Ek het vroer al vir jou 'n epos getik met die oog om dit later vir jou te stuur maar, die internet in die hotelle is so duur dat ek nou eers vir jou kan stuur. Hieronder volg 'n epos wat ek