Posts

Showing posts from April, 2013

Basseboude-wobble-rasie

My liewe tannie dieet my boude is te groot ek weet Die lewe gaan soms al te sleg dan eet ons, ons sorge met 'n ietsie weg Nou wat sal ons maak met die sware las? Los eerder die kossies in die kas en dink aan die gewiggies om jou bas! Basseboude-wobble-rasie Vetjies ek sien nie meer vir jou kans nie Skoert weg!!!

My Liewe Dominee, windlawaai.....

My Liewe Dominee, windlawaai Kom sê my, waar staan jy? En waar jy jou predikasie se baie gedagtes kry? Is dit dalk 'n e-pos, 'n videobeeld of twee of het 'n dwaalleerwurm dit in jou oor gegee? My liewe Dominee windlawaai met al jou baie papiere, hoe-gemaak en hoe-gedink oor al jou preek maniere? Is dit dalk die lekkerkry die kuns om te toneel? Of is dit die sadige woordesang om 'n verdraaing so te deel? My liewe Dominiee windlawaai wat sal ons daarvan sê? Is dit regtig wat die Christus vir die geringstes ook wou hê? En wat dan van die ou kleintjie's grootmenskinders van geloof? Is dit jou siel waardig dat jy, hul die evangelie so beroof? My liewe  Dominiee windlawaai Ek dog maar net ek vra? Die grootste fout lê ook by my, dat ek oor hierdie kla: En nie meer harder op my kniëe jou tong aan die Here op dra.