My Liewe Dominee, windlawaai.....

My Liewe Dominee, windlawaai
Kom sê my, waar staan jy?
En waar jy jou predikasie
se baie gedagtes kry?

Is dit dalk 'n e-pos,
'n videobeeld of twee
of het 'n dwaalleerwurm
dit in jou oor gegee?

My liewe Dominee windlawaai
met al jou baie papiere,
hoe-gemaak en hoe-gedink
oor al jou preek maniere?

Is dit dalk die lekkerkry
die kuns om te toneel?
Of is dit die sadige woordesang
om 'n verdraaing so te deel?

My liewe Dominiee windlawaai
wat sal ons daarvan sê?
Is dit regtig wat die Christus
vir die geringstes ook wou hê?

En wat dan van die ou kleintjie's
grootmenskinders van geloof?
Is dit jou siel waardig
dat jy, hul die evangelie so beroof?


My liewe  Dominiee windlawaai
Ek dog maar net ek vra?
Die grootste fout lê ook by my, dat ek oor hierdie kla:
En nie meer harder op my kniëe jou tong aan die Here op dra.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer