Posts

Showing posts from January, 2009

Goor, eksta goor.

Image
Die skeisaak, loop nie goed af nie! Die gryle gryse goor weer, belemer 'n mens se toekomsuitsig en verhinder jou om die son te sien. Alhoewel jy weet die, son IS daar. Ek het hierdie afgelope week, dinge ervaar en gevoel wat ek nie geweet het binne in 'n mens sit nie, en om eerlik te wees wil ek dit nie sommer gou weer ervaar nie. Here, asseblief nie gou weer nie! Ek smeek U asb nie gou weer nie! Gee Here dat insig, kennis, en liefde in hierdie uur hoogty sal vier. Hierdie uur Here, hierdie uur. Die omstandighede by die werk is soos kanker, 'n mens voel almeer dat alhoewel jy wil veg, jy die stryd tog gaan verloor. Nee ag! en dit het niks te make met unie besluite of unie resolusies nie, maar meer een van heerskappy. Die verkeerde heerser heers die hart, en verstand van die meerdere, so voel dit vir my Here. Die verkeerde een. Help Here, gryp in. Help asb. Ek vra dit want my Hulp kom van die Here wat die hemele en die aarde gemaak het. My studies. Die week was maar 'n

Skuins voor Kerktyd

Image
Soos die meeste van julle seker uit die Titel van hierdie, gemoedsb-euitening van my kan sien is dit nou Sondag oggend. (Die tyd, en datum gee dit ook weg) Vanoggend is ek nie lus om kerk toe te gaan nie. Seker omdat ek weet wie preek. (My ouma wat 'n groot rol in my Christelike opvoeding gespeel het, sou gese het: "As jy fout het met die prediker, dan is daar 'n gat in jou emmer") Daar steek baie waarheid in hierdie woorde van haar. Ek het hierdie week, 'n preek van Dr John MacArthur van die Grace Community Church in Amerika afgelaai in 4 dele van YouTube af. Ek sien met afwagtig uit om die preekdele om te skakel na MPEG en dan te verander om op my DVD speler. Ek het werklik respek vir die prediker, asook sy denk en sieningswyse rondom die verkondiging, en die uitleef van die evangelie in vandag se tyd. Die week is een as ek terugkyk, wat baie verskillende dinge opgelewer het dit was ook een waarin my gedagtes baie rondgedwaal het. Om te begin kan 'n mens se

Geniet jy jou kos Meneer, geniet dit maar!!!

Image
As 'n mens tog net party dae, iets soos 'n 'rewind' knoppie gehad het, sjoe watse wereld sou 'n mens nie dan in geleef het nie. Dink net..... Vandag was een van die minder lekker dae in my lewe, die eerste vergadering by die werk was kata-nausi-isties (katastrofies en iets om van naar te word, hehe my eie woord). Die blote gedagte dat baie van die probleme waarmee ons tans sit soveel anders kon gewees het, wil 'n mens dryf na drank... Dit is nou as daar drank oor is in jou kabinet. Myne het nie. Nee dit is nie ondankbaarheid nie, maar eerder 'n sameloop van baie terleurstellende gebeurtenisse. Maar nou ja, dit is iets wat totaal uit die meeste van onse hande is, en wat net ingrype van Bo kan verander. Ek het vandag iets in my verstand gedoen wat ek nie gedink het ek ooit in my lewe sal doen nie. As iemand dit vir my 3 jaar terug gese het sou ek, my humeur vir die persoon en seker vir myself verloor het. Ek het in my verstand, met my werk geskei: Nee ek werk

Skielik onder my UIT!

Image
Ek was nog besig om hierdie, webtuiste oop te maak om aan te teken... En Toe.. En toe... En Toe.... Toe breek die stoel waarop ek sit, onder my uit! Kaplaks val ek op die grond met my hele gewig op my mees vervulde gedeelte, en die voetstuk van die stoel is in twee. Genugtig! Dit is nou regtig nie hoe ek vandag se gedagtes wou begin nie, maar so het dit toe begin. Ek is tans besig, om 'n boek te lees. Eintlik is dit 'n baie baie dun boekie, maar ek lees party van die bladsye twee keer, en het al vir die derde keer sekere gedeeltes gelees. Ek is sopas klaar met hoofstuk een, en wat nou met my gebeur het aangaande die stoel is presies iets wat in die boekie deur die skrywer op 'n sekere mate geillustreer wou gewees het. Kom ek skryf eers so ietsie oor die boek self, die boek is 'n Afrikaanse vertaling van wat alombekend beskou word as een van Amerika se beroemdste preke, gelewer deur Jonathan Edwards. Een van die punte wat die predikant maak is die feit dat die sondaar s

Melkskommel gedagtes!

Image
Dink Dink Dink: Tweede Subtitel: Bertie stof sy gedagtes af. Vandag is een van daardie dae wat ek net nie aan die gang kon kom nie. En die rede, weet ek self nie. Daar is vreeslik baie dinge wat deur my gedagtes kolk, dinge wat maal en wemel; En die ergste is, ek weet nie hoe om dit alles te hanteer nie. Watse goed maal en wemel? Wil jmy dalk weet? Wel laat ek so 'n paar punte noem: 1: Ek wil regtig werk aan my gewig en aan my fiksheid. Sover was ek gister en vandag gym toe, en die skaal was nie gunstig teenoor my nie. So toe besluit ek: Ek gaan myself verbind om, 14.7% van my liggaamsmassa te verloor. En ek sit my beste voet voor. Ek het besluit dat ek weekliks sal verbind om my vordering op hierdie blog te sit, en dus myself so te motiveer. So volgende week teen hierdie tyd behoort daar al nuwe inligtig te wees. 2: Ek het 'n paar boeke gekoop wat ek regtig wil lees, maar dit is asof iets my verhinder om dit regtig met ywer te doen, ek weet nie wat my verhinder nie, maar die

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!

Image
So is dit dan nou ook! Male sonder tal is ek al gevra om my eie (en dit is werklik my eie) kreatiewe kosskepping se resep te deel. En hier is dit dan, met prentjies en al. Alvorens ek die resep gee moet ek eers die gekiedenis van hierdie ou beskeie, rolletjie gee. Ek is woon gereeld 'n lewensverryking seminaar by, (as klankhulp, groepleier, en fotograaf). Hierdie seminare word meestemal aangebied te Midway Inn (Hotel) by Middelburg. Nou as jy nog nooit 'n seminaar bygewoon het nie, het jy werklik 'n agterstand in die lewe!!! Glo my. Gaan besoek gerus Lewensverryking Seminare se Webtuise by: http://www.lewensverryking.co.za/ Dit is werklik iets om by te woon. Jy stap deur die Genade as 'n ander mens daaruit! Terug by die storie, die Hotel waar die seminare aangebied word is befaam, vir hulle uitnemende kookvernuf, (soos ouma dit gemaak het!) daar is glad nie 'n ligte hand as dit kom by Botter, Room, en spek ens. as bestandele nie. 'n Mens eet jou behoorlik in &