Hokke hokaai asseblief

Dit is 'n hok hierdie,
met vier mure en 'n venster
'n Venster wat na die wêreld staar,
en buite gaan die lewe voort
en binne is daar dood

Dit is 'n hok hierdie
met tande wat 'n tong raak kners
En erens hang die doodskleur pers
Waar kinders oor die gras baljaar
het pa sy eerste drankie klaar

Dit is 'n hok hierdie
waar haat en afguns welig teer
Op almal wat in die donker tas
En leuens glo, wat hul gedagtes pas
Hierdie hok het dood

Hierdie hok het dood
en buite gaan die lewe voort
Die asem worstel my longe in
om my gedagtes krag te gee
krag te gee vir nog 'n tree

Ek haat my lewenshokke
en buite lui die almanskerkklokke
Laat ek ook sleepvoet nader gaan
en voor die Heer se troom gaan staan
Kyrie Eleison

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!