Orals oor

Die wêreld is 'n siek siek plek,
met kieme orals oor.
En in hierdie dooie donker sieke plek
het ek my siel verloor.

Die wêreld is 'n naarmaakplek
met braaksel regs en links
En êrens in die massas plasse
het ek my merk gelaat.

Nog 'n sluk, en nog 'n glasie
Erge sielle heilspurgasie
Donker iewers onderin
Borrel dooie teer,
wat opbruis keer op keer.

En snaaks, as ek na asem sluk
en weer my hart na die Hemel druk
kom daar lig van bowe
Soos God my belowe.

Net om eenmaal erg eens weer
my hart se siellekamer
te purgeer.

Help tog Here ryk tog uit
Dat ek U hand met mag kan gryp
weer die dag van môre
En eenmaal weer my siel sal roep
Uit dieptes gans verlore
Van redding hier vandaan.


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!