In Amerika - April 2011 (Deel 1B)

Die afgelope paar dae in San Diego, saam met Ester & LeRoux en kinders was baie lekker en leersaam. San Diego is 'n baie pragtige kusdorp, wat 'n mens nostalgies laat dink aan die Kaap. Maar die Kaap bly die Kaap! Die mense is baie anders en baie vriendeliker as wat ek oor die deursnit beleef het in Washington. Daar is baie mense wat Spaans praat, en ek dink die lewensomstandighede vir hulle is anders. Hulle is werklik vriendelik en baie "jollie" mense, maar baie keer op die gesigte en gelaat van baie van die mense, kan 'n mens die lewenshale van die swaar kant an die lewe sien.
Die sokkerbyeenkomste waar ek was waar Brandon gespeel het, was werklik iets besonders. Die ouers is ten volle betrokke en anders as in SA, het ek nie die gevoel gekry dat die kinders speel om op te maak vir hulle ouers se foute in hullee jonger dae nie.
Ek was gister by die $0.99c winkel, en 'n mens kan allerhande dinge daar koop. My een tas is alreeds vol van die 99c bargains. Van speserye tot speelkaarte tot allerhande dinge.
Ons vlieg nou pas oor 'n paar eilande, oor die see na San Fransisco, en bo vanuit die lug is die eilande werklik mooi.
Ek mis die mense naby aan my, maar is ook opgewonde om die nuwe vreemde te betree, en te beleef. Ek hoop en bid en hou baie baie duim vas dat my besoek aan Embarcadero vrugte sal afwerp. Ek hoop so dat ek dit sal kan regkry om te reel vir 'n aanpassing in hulle lisensiering van RAD studio. Dit is werklik vir my, een van die Beste ontwikkelingsomgewings wat daar is. So ek hou duim vas. Ek hoop hulle hou van hulle geskenke en Woolies Beskuit.
Kos is werklik baie duur in Amerika, veral as 'n mens dit omskakel. Rooivleis is duurder as in SA, maar gelukkig is hoender relatief goedkoop. Ek het gisteraand, Mayo - Chutney hoender gemaak en Ester hulle het dit baie baie geniet. In plaas van die Chutney het ek Apricot preserve gebruik, en nee; dit is glad nie soos Appelkooskonfeit nie.
Ester is baie goed vir my, en ek is baie baie dankbaar dat ek by hulle kon oorbly. Ek hoop ek kan haar goedhartigheid reg beloon.
Die lugdienswereld hier is heeltemal anders. In SA is lugvaart nog 'n tipe van 'n luuksheid waar dit hier meer deel is van die alledaagse lewe. "It is people like you, that should not fly. Ypou are holding us back", deel die een gesoute besigheidsreisiger 'n ander een mee. Blykbaar is die ou tante, nie Sawwy genoeg met al die Moderende dinge om haar nie. Dit is selfs ook erg vir my, want mens moet jouself inboek, en dit is nogal vreemd, en anders. Ek kan nie eers Dumelang se of Kealeboga nie. 'n Mens, in reismodus, is regtig net 'n nommer hier. Iemand in 'n klas, armgat sitplekke tot die met meer beenruimte tot die met eersteklas diens. Ekonomie op SAL is beter, as eersteklas hier. En nou vergelyk ek nie die sitplek nie, maar die mens. 'n Mens stap die vliegtuig in 'n zonerangorde op. Raai wie was nog elke keer in Zone 4. Maar nou ja. Dit is hulle lewe met hulle dinge. Nie sleg nie, net anders. 'n Ander skopus, 'n ander fokus, met 'n 110% ingeselheid op konstante paranoia, for your safety first!
Hulle is ook vreeslik ingestel op die regte prosedure, en bagasie. Dit kos $25 ekstra per tas per vlug, as jy in ekonomie (Ek kon hom nie die duurder kaartjie bekostig nie = Ek kon hom nie) vlieg. Nou laai almal hulle handbagasie so, dat teen die tyd dat Zone 4 (Dit is nou ekke, en die ander armgatte die vliegtuig betree, daar nerens eers 'n gaaitjie vir 'n muisdrol meer in die bagasierakke is nie) Sjaaim. Weird! Die Here praat met my hier, en die gedagte dat alle oortollige bagasie, in die Hemel se versoeningskamer toegelaat word. Dit is klaar voor betaal, duur betaal. En almal aanboort vlug JH316 vlieg eersteklas, na HML, maar dit vrywaar nie turbulensie nie. Dankie Here vir genade, en die eersteklasdiens wat u ons gee ons die aardse lewensreis.
Ek dink op die oomblik terwyl ons deur die wolke sak, aan een van my beste vriende, en Sy familie, en al die dinge wat hulle moet deurmaak in hierdie tyd. Ek dra hom in my gebede op, en op die oomblik is ek baie hartseer. Ek kan my indink hoe hy voel, ek is self al deur iets soortgelyks. Here wees U kinders in nood, en in angs naby - Soos u beloof. Dankie vir U liefde. Amen.
Die paasdiens van gister (Sondag) in die Presbeteriaanse kerk was iets besonders. Dit is vir my werklik wat 'n Erediens moet wees. Ek wens so dat ek een van my viende dit kon laat beleef. Dit sou WOW gewees het. Dit is 'n amalgemasie van die mooiste musiek, met die mooiste woorde en 'n mens voel werklik of jy saam, met die ander gemeenskap van gelowiges, ons Grote God besing. Die diens deur die Rev John C Powel, was besonders, en ek het gevoel hoe die Koinonia van die gemeente hulle saamvoeg tot opbou.
Buite een van die Baptiste kerke in die Dorp het ek een van die oulikste slagspreuke gesien. Dit lui: Visitors are always welcome! Members expected!
Daar is tans 'n "Billboard" war in San Diego aan die gang tussen van die gelowige groepe, en van die ongelowiges. Dit is pertinent, en nogal iets om te sien. Dit het my as kind van die Here werklik laat wonder.... watter billboard is ek werklik? Mag die Here gee en ek dit toelaat deur so te leef, dat Sy genade en troue liefde altyd uit my sigbaar sal wees.
Die weer blyk bewolk en reenerig. ..... (word vervolg)

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!