In Amerika - April 2011 (Deel 2)

Dit was lekker in San Fransisco. Ek het in 'n goedkoop hotel gebly, en die diens en verblyf was glad nie sleg nie. Die eerste paar ure in SFO was erg, dit het vir die eerste span gereen en dit was lekker koud. Darem kon ek vinnig op een van die Hop-On-Off busse klim, en die eerste een wat ek geneem het was toe welliswaar die een oor die Golden Gate brug. Dit is lankal nie meer die grootste brug in SFO nie, maar is steeds iets baie besonders om te sien. Die omliggende landskap is pragtig, en die see en mere soos wat hulle die "Bay area" noem is pragtig. Ek het my benens afgeloop in die stad. En het verskeie plekke gesien, soos die fabriek waar "Charly & die Choclate factory" sou afspeel, asook baie mooi tereine en tuine.
Daar is selfs 'n baie baie gewilde straat ganaamd: Lombard straat (Sjoe die Lombards is orals), van Parys tot Amerika en die hele wye wêreld vol. Dit is ook die plek in die stad met die grootste kronkelpad,en die mooiste tuin.
Ek het Alcatraz eiland gesien, maar het besluit om nie $27 te betaal vir 'n trip waar 'n mens nie mag fotos neem nie. Ek het toe maar Chinatown beloop. Die Fishermans Warf is pragtig, en laat my so bietjie aan die Kaapse waterkant herhinder, met baie dekke en plekke. Die embarcadero, staat al langs die kus is ook mooi, en al die "Piers" daarlangs is pragtig herstel en huisves verskillende interessante goed, van 'n wêreldberoemde egte-suurdeeg bakkery tot, plekke opgerig vir seeleeus, en robbe.
Ek was vreeslik opgewonde om een van die hoof uitvoerende beamptes van Embarcadero te ontmoet, om met hom te gesels i.v.m lisensiering van die RAD Studio vertaler vir gebruik in skole. Ek het my saak en die saak van die kinders in SA (nie die liewe liewe WK, NATAL en die ander agtergeblewenes nie) Ek hoop van harte dat hy geluister het. Hy het my belowe dat hy dit verder sal opneem met van die ander mense daar. Ek sou graag ook dalk van hulle sou wou ontmoet, maar helaas het ek nie. Ek voel maar egter ietwat teleurgeseld in die algemeen. 'n Mens sal dalk maar 'n ander plan moet maak. Tussendeur die lyne, was die boodskap Embarcadro is 'n baie klein maatskappy in vergelyking met Microsoft, en hulle is nie in die welsynbedryf nie.
Kom ek deel iets baie persoonlik op die blog, en die wat dit nou lees en nie dieselfde mosies deel nie, mag maar anders dink. Ek is trots op die CAPS inhoud en metodologie, wat ek as hoofskrywer opgestel het, en ek is sterk oortuig daarvan dat dit die regte benadering is. Ek is dankbaar dat ons nie die taal heeltemal vasgemaak het nie, en dat die CAPS se hoëvlak taal ook sal werk in die Visual studio omgewing. Wat egter nie lekker is nie is die absolute vyandige gevoel, wat ek kry van mense van die provinsies af wat nie dieselfde opinies deel nie. Ek het video's gemaak wat poog om die verskille uit te wys tussen die taal opsies, maar steeds voel dit vir my of ek te sleg onnosel of te dom geag word deur die ander. Ek is baie baie dankbaar vir vir kolegas en vriende wat saam met my gewerk het. Ek haal ook my hoed af vir Carina, ek het al baie by haar geleer, en is verseker 'n ryper mens vandat ek saam met haar werk. Ek sit baie maal en wonder, hoe Mev HGE sou optree. Dit is maar soos ek voel. My volgende missie, nadat ek een artikel moet skryf vir die WWWZA konferensie het ek die kodewoord.... 4 na 3 gedoop. En sodra ek die artikel vir die WWWZA konferensie opgelaai het gaan ek aan die werk spring vir dit.
Ek sien ook uit daarna om verder te weet van die reelings aangaande die ITUC Gr12 PAT programerings kompetisie. Ek dink dit is 'n stap in die regte rigting vir IT in SA.
Ek sit tans op die lughawe in SFO (in die mees paranoiste plek op aarde), ek is vandag deur 'n skandeeder wat glo golwe gebruik om sien hoe jy onder jou klere lyk, dit is amper soos 'n tandarts se Xstraal masjien, jy moet jou arms in die lug steek vir die affêre om jou te skandeer. Die ou oom (redelik bejaard) agter my kon dit nie doen nie, en is glad nie vriendelik behandel nie. In SA het ons wel al die drama met moord, geweld en misdaad, ons vrees daar blyk om in die werklike te sit, waar die vrees vir die lewe, of sekuriteit hier ook op ander vlakke sit. Die ou duiwel werk in elke land ewe hard, selfs al lyk dit nie op die oogaf so nie.
Ek het gisteraand iets geëet wat ek met my vorige besoek laas in die VSA geëet het; 'n $5 sub na belasting $5.64, dit is snaaks om weer belasting te betaal wat nie soos BTW werk nie. Dit was bai lekker. ;-)
Ek mis SA, maar sien tog uit om nog die dinge te sien. Ek hoop van harte dat ek dit sal regkry om na die Boeing fabriek toe te gaan vir 'n toer. Ek wil dit bitter baie graag sien. Dit is die hoof rede dat ek na SEA to gaan. Daarna is dit Vegas..... en "What happens in Vegas.... stays in Vegas....." nee wat, die oë en die Hand van die Here is orals.
Ek dink vandag baie aan een van my beste vriende. Ek bid dat die Here werlik met hulle sal wees in hierdie tyd. My hart gaan uit na hom en sy familie, en ek vertrou die Here se bystand vir hulle ook daar.
Ek het gister 'n paar dinge opgemerk in die strate van SFO. Daar is baie staatmense, sonder heenkome in die stad, en amper elkeen wat ek raakgeloop het gesels, en praat met hulleself. Die ergste van so aleen reis is die feit dat daar min gesprek is. Ek is nogal spraaksaam. Die Amerikaners egter is meer gereserveerd, en sal nie sommer 'n gesprek begin nie. Volgende keer egter, gaan ek met goeie geselskap. :-)
Een jong boemelaar, het met 'n bord gesit wat lui: "What if you where hungry???", ek strek na my sak om my beursie uit te haal... toe steek hy 'n sigaret op, my beursie bly toe in my sak.
Baie van die winkels in gebiede soos Chinatown, lyk nie veel beter as die winkels soos ons het in die middestad nie. Die enigste verskil: Die strate is baie skoner.
Ek mis die mense na aan my, en veral die wat nader en nader aan my beweeg. Ek sien baie uit daarna om eendag saam met haar te toer. As jy wonder wie dit is, gaan kyk op FB :-)
Die toilet roep, en ek tik later op die vlug verder...My vlug is vertraag, en ek sal verder tik op die vliegtuig ook, solank as wat die battery dit toelaat.
Nou ja.. Hier is ek op die vliegtuig oppad na Seattle. Ek hoop werklik dat ek dit so sal kan reel dat ek dit regkry om môre DV na die Boeing fabriek te kan gaan. Ek sien werklik al jare uit daarna en hoop daarvoor.
UA (United Airlines) moet ek sê is werklik beter as Delta, wat ek die vorige keer gevlieg het. Tans wys hulle 'n baie godslasterlike epsisode van die Simpsons, wat spot met Adam en Eva en God se skepping (die tuin van Eden), en die hele verhaal van Israel. Dit ontstel my nogal, en ek is glad nie genoë daarmee nie. Ek gaan vir UA 'n brief daaroor skryf. Dit is werklik ontstellend.
Ek is ietwat naar op die vlug, en het nie 'n idee hoekom dit so is nie. Ek sal later vandag vir my 'n jogurt kry, om te eet saam met die vrugte van die hotel se ontbyt. Die appels in Amerika is werklik iets besonders. Hulle is groot, en mooi, en die tipe appels smaak nie sleg nie. Ek gaan kyk of ek vanaand dit kan regkry om groente in te kry, op 'n manier, dalk deur te soek vir 'n Chinese roerbraai plek of iets.
Ek is dankbaar vir die geleentheid wat ek het om hier te wees. Die besoek hier is beide iets wat 'n mens die wêreld in 'n ander lig laat sien asook, 'n baie nederige ondervinding. So toer maak jou van voor af bewus van hoe klein en nietig die mens werklik is, asook van die feilbaarheid, en die tydelikheid van die lewe. Die konsep van "jy is in die 'RAT RACE' hier op aarde" kom baie baie sterk na vore. Dit bring ook die besef op by 'n mens om meer dankbaar te wees vir dit wat die Vader ons skenk in Sy genade. Eendag gaan ons almal weer op 'n tuig klim, die tuig na die ewigheid, ons sit tans en wag in die vertrekkamer.
Die digitale rewolusie het werklik die land getref in die 8 sitpleke om my, is almal of op 'n iPad of een of ander kindle of gadet, dit was nogal iets om te sien hoe baie mense mobile incheck met hulle fone, sonder 'n kaartjie, die e-rewolusie is hier, en dit is nêrens so duidelik as hier in die state nie. Die twee lugwaardin dames wat vandag se vlug bedien is werklik iets anders. Beide is redelik bejaard, ek skat so in die omgewing van 55jaar en op. En dit sluit al die waardinne op die vlug in.
Orals loop mense met een of ander digitale apparaat rond, die ergste is.... dit sluit hulle van die res van die lewe en die mense daarin uit/af. Ek hou nie daarvan nie, en ek dink dit isoleer mense in so mate dat dit baie van die sin van die mens se bestaan beinvloed. Ek dink die Here het ons juis geskape om interaktief met mekaar te wees, en nee dit sluit volgens my die sosiale web uit.
Ek verlang baie na Cassie se drie kinders, (My eie sirkus) en ook sommer net om daar te kan kuier. Ek verlang ook na Cecile. Dit is wonderlik dat die Here haar oor my pad gebring het, ek is Hom innig dankbaar daarvoor. Die man in sy 30ger jare langs my lees Comics op sy iPad en die persoon oorkant my een of ander storie....

Dit is die einde van my storie, oops... 'n broekhoessie in die tuig...... :-O

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!