In Amerika - April 2011 (Deel 1A)

Dit is vandag die 23ste April, die derde dag wat ek in Amerika is. Ek weet nie waar om te begin en wat om te tik nie, so kom ek begin maar met die dinge wat my opgeval het

Eerstens wil ek iets patrioties se (hoop dit is reg gespel) - Ek en ons kan regtig dankbaar en trots wees op 'n lugdiens soos SAL, regtig. My vlugte (JNB-DKR-IAD) is elke keer goed. Boenbehalwe die feit dat ek goed op die vliegtuig behandel is, is daar altyd 'n koeldrak of koffie of broodjie esktra agter in die ruim. Die lugwaardinne is vriendelik, en gee glad nie om om vir my ou Koffiepot koffie aan te bring nie.

Ek het hierdie keer probeer om, te slaap op die vliegtuig, en het twee slaappille gedrink, saam met een medlemon. Dit was 'n fout, ek was vir 'n rukkie so deurmekaar soos 'n weeluis op, op 'n staalwolmatras, maar slaap was niks nie. 40 min voor die tyd op die vliegtuig, 8uur, 25 min na Dakar, 1 uur 15min op Dakar "want die vliegtuig moet geinspekteer en 'gedubbelinspekteer word, en dan sommer net weer, net om seker te maak niemand bring iets verkeerd of skadeliks na die beloofte land nie" dan weer 8uur en 35 min na IAD, en dan nog 10min om tot stilstand te kom en uit te klim. Oor die twintig ure in 'n vliegtuig se kajuit! Soos my suster sou sê "Jou gadens weet nie waar jou boudens naderhand is nie!" :-). My eerste paar uur in die VSA was vir my ongelooflik "depressing". Ek weet enige land het die reg om hulleself en hulle burgers te beskerm, maar ek het dit so erg gevind dat die doane personeel werklik, nie die vriendelikste mense op aarde is nie. Dit was uiters vreesaanjaend en koud. 'n Koue ontvangs soos, Julius Malema by die Pulitzer prysuitdeling. :-) Daar is werklik iets om verder oor dankbaar te wees, ons bagsie is deur, al 45 kg van dit wat ingeboek was in die kajuit asook my 9kg handbagasie.

Ek was die vriendelikheid van self, met die mense en gelukkig, is my tasse nie deursoek nie. :-).
Een ding wat ons in SA nooit sal hê soos in die res van die westerse wêreld nie, is publieke vervoer. Dit is werklik so dat, alles orals toeganklik is met vervoer.

Ons het 11 uur geland die oggend in Washington, en is deur die vriendelike mense by een van die 4 inligtingstoonbankge gehelp om my Hotel te bel om my te kom oplaai met die Shuttle. Wenk vir ander wat hierdie blog lees. As julle op 'n baie kort besoek aan 'n dorp/stad is by die VSA soek 'n goedkoop Hotel naby die lughawe met 'n "Shuttle" service. Dan is jou vervoer gratis na die Hotel ('n Ander bussie diens na 'n Hotel in die stad kan 20 tot 25 dollar beloop) Om dan vir die volgende dag die stad te besoek, is dit maklik. Ry met die Shuttle tot by die Lughawe en maak dan van die publieke vervoer gebruik, om die stad te besoek. Die bus van die Lughawe was 2 x $6 en 'n all day Metro pass was $9. Ek het die hele Washington platgery en geloop, met minder as wat die vervoerkoste sou wees met een Shuttle, naby in die stad. )

Die eerste hotel waar ek gebly het was regtig mooi, en netjies, in 'n buitegebied van Washington ganaamd (Chantilly) Met die bus was dit so ongeveer 'n uur tot in die middestad, van die lughawe af, en oppad soontoe het ek langs die Pentagon gery. Die indruk van die gebou is anders as 'n mens dit die eerste keer sien.

Ek het vir die eerste twee dae uit my handbegasie geleef, en het nie 'n skeermes by my gehad nie, so die ergste erg het gebeur... Ek was te suinig om $7.50 te betaal vir 4 weggooiskeermesse en het besluit om te laat groei vir 2 dae plus 'n dag of wat op die vliegtuig, en eish.... baardgroei is nie vir my nie. Kyk na van die foto's, op facebook.

Ek het die eerste dag nadat ek by die hotel aangekom het, iets vir my gekoop om te eet, sommer by die 7 - 11 en het toe twee uur, in my hotelkamer gebad en toe op die bed geklim. Ek het daardie aand, 11uur my oë opgemaak, net om nie weer te slaap nie. Dit was een van die lekkerste slape wat ek nog gehad het. Ek kon darem met iemand baie spesiaal gesels oor gtalk. Dit was toe so 5vm in SA.

Een van die interessante programme wat ek gekyk het, was mense wat bie op ou stoorkamer plekke en dan die inhoud kry om te verkoop. Ek wonder hoe lank dit in ons land gaan neem tot dit posvat. Dit is baie interessant om te sien, wat mense alles in Amerika stoor. En dat daar 'n bedryf is vir mense wat bie op "vervalle" stoorplekke. Dit was werklik iets anders. Daar was sommer 6 episodes na mekaar en ek het elke een gekyk.

Ek is die volgede oggend uit op my trip na Washington, en het rondgeloop, en die wêreld uit 'n ander hoek bekyk.

Dit is spring-break naweek oor die VSA en orals is die studente uit in volle swang, ook hier in San Diego waar ek nou is. Ek kuier by baie dierbare en nice mense. Dit is wonderlik! Ek gaan vandfag kyk hoe die kinders sokker speel, en sommer net rondloop.

Word later vervolg...

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!