Gedagtes n.a.v – Joh. 21:15-17 en Mat 18:3-7


Ek het die afgelope week baie gedink sommer oor baie dinge.

Die een teksgedeelte in die Bybel wat my laat dink het is Mat 18:3-7

Mat 18:3-7  en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.  En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”
“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.   Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom.

Ek wonder of dit figuurlik ook gesien kan word? Wat van as iemand met 'n 'jong' of 'klein' geloof afvallig gemaak word deur prediking of gedagtes..... wat dan?

Dit het my laat dink om iets biddend en smekend te vra....... of met 'n noodkreet uit te skreeu!

Asseblief Dominee dink!

Dominee, Dominee het jy My baie lief?
(Agape jy my? -
Het jy my lief soos Lukas 10:27 sê: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.”

Meer as die ander hier?
“Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.”  (U weet dat ek omgee vir U)
Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.”  (Kyk na die swakkes in my kudde, na die kleinstes na die geringstes, laat hulle wei waar kos is kos om te groei. 1 Pet  5:2)


Dominee, Dominee ek vra weer?
het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom:
“Pas my skape op.”  [Kyk na die kerk, kyk na die gemeente pas hulle op sodat wolwe hulle nie vang nie, wees altyd wakker en bewus, (Joh 10:11-13) want die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu (1 Pet 5:8). Waarsku hulle kyk na hulle want soms kom die duiwel ook soos leeu in skaapklere.]

Dominee, Dominee ek vra die derde keer
“, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom:
“Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.”  (Here u weet waar my skat is Mat 6:21)
Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.” [Sorg vir die groot skape net soos vir die lammers, kyk na hulle]

Asseblief Dominee ek vra mooi:

“verkondig die woord;
hou daarmee vol,
tydig en ontydig;
weerlê,
bestraf,
bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee” 2 Tim 4:2

Asseblief Dominee ek vra baie mooi
Preek jou volgende preek asof dit die laaste een is.
Preek asof dit die laaste kans sal wees wat jy ooit sal kry vir die koninkryk.
Preek asof jy jou eerste proefpreek gee, met Christus self op die paneel.

Gebruik asseblief die Woord, dit is die beste beste preekmiddel ooit! Want: Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. (Heb 4:12)

Die woord van God bring altyd ‘n genade-noodsbesef en verkondig altyd verlossing, vergifnis en vryspraak. (Heb 4:15,16)

Asseblief dominee, sê my is ek verkeerd om so te vra?

Ons wil graag die Here sien.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!