Liewe juffrou bordkryt, tou. Hierdie woorde is vir jou!

Die kindjie moet op rittelin gaan
sy maak haar juffrou te gedaan
Juffrou is mos moeg!

Die kindjie is glads al te wild,
dit is die ouers se domme skuld

Laat haar verstand bedaar!
Gee die stroopies en kry klaar!
Juffrou wil 'n rustige dag hê!

As die ouers dan nie luister nie;
Sal die kind vir hul sonde les op sê
Juffrou sal dit nie duld nie!

Juffrou maak jou stoel aan die tafel vas!
Haal haar wonder bordkryt poeier uit die kas,
en strooi dit oor daardie kinder koppie
Die koppie met die las!
Bedaar met hierdie poeier!

Die ander kinders moet baie mooi sien
Die juffrou het haar salaris verdien
Vandag haar godgegewe taak gedoen,
na die gebed in die personeelkamer.

Die juffrou het die Bybel misgelees
hierdie bles oom is dit bevrees
want erens weet ek,
staan daar duidelik,

Die Groot leermeester sê so:

"En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see."

Juffrou, daar is baie rotse in my tuin!
Ek sal geld gee vir die petrol,
dit rit na die kus!
Die touband  het jy reeds!

Liewe juffrou bordkryt, tou. Hierdie woorde is vir jou!





Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!