Is daar 'n God? Is ons een die regte een?

Gisteraand, het ek 'n goeie gesprek op Nimbuzz gehad. (En vir die wat nie weet nie Nimbuzz is 'n kletsprogram vir jou selfoon)

Ek en een van my geselsvriende het op die vraag gekom: Is ons God die regte een? Hoe weet ons die Moslems is die dalk reg nie?

My antwoord aan hom was die een wat ek gewoonlik gee, nl. Ek het al gesien hoe iemand 'n demoon uitdryf in die naam van ons Here Jesus Christus. Ek het nog nooit gesien dat enige ander geloof dit doen nie.

Sy tweede vraag aan my was: Hoe weet ons regtig ons is reg? Hier moes ek dink en my antwoord toe was, Ons het die Heilige Gees wat ons oortuig, geen ander godsdiens kan ooit seker wees nie, en daarom weet ons as kinders van die Here waar ons hoop en verwagting is.

*~*~*

Soos wat somige van julle seker kon agterkom uit my vorige "bepostings" sukkel ek op geestelike terein, en voel ek dat Paulus se woorde van: "Die goeie wat hy wil doen maar nie doen nie" al hoe meer waar raak in my lewe ook. Dit is 'n worstelstryd en een soos wat Prof Stefan Joubert sê slegs in jou kop oorwin moet word.

Gisteraand en vanoggend was weer so 'n geleentheid.... een van bepeinsing en een van selfgesprek en ook berou.. sommer dat die trane vanoggend uitkom.....

Maar, ons hoop beskaam nie!

Ek ontvang 'n epos van 'n swart kollega van die werk. Snaaks genoeg sien ons mekaar baie min, en is ek tans nie eers seker met al die verwikkelinge waar hy om self en op watter kampus hy hom bevind nie. Die epos lui as volg:


Morning Bertie

Verse: Isaiah 30:19

He (God) will surely be gracious to you at the sound of your cry; when He hears it, He will answer you.

- God is a good God.
- He wants to be gracious and kind towards you.
- Call on Him - He hears.
- He will answer you.

PRAYER: Lord, You know what is in my heart and You hear when I call to You. You are my hope and I trust You. Amen.

Have a great day.

Regards
A

Dan kom die vraag by ons op, dien ons die regte God? Dien ons die regte Here, is ons God waar en wraagtig? VERSEKER JA, geen ander HERE werk en wek op sulke wonderlike maniere nie. Geen ander geloof bring hoop en redding nie!

Dankie HERE!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer