Toe is ek weer terug... op die Net meen ek....

Genade. 5 Weke laas! nee meer as 5 weke laas het ek my gedagtes laat gaan op hierdie bekopte ruimte van gedagtes en gevoelens.

En watse meer as 5 weke was dit nie. Dit was soos die jong mense sal se: "HETIC!!!!".

Een van groot VERLIES, een van baie pyn en hartseer. Maar ook een van hoop.

Die aftwerwe van 'n geliefde is iets wat elke mens tot in sy diepste wese ruk, nee nie net ruk nie maar tot stilstand en introspeksie DWING!!! En so was die afgelope weke ook in my lewe. Ek het so baie om te se en daar gaan soveel dinge deur my ou kop dat ek nie eers weet waar om te begin nie.

Die komende week is een wat veel belofte en opwinding inhou. Ek gaan na die VSA! En ek sien vreeslik uit daarna.

Maar intussen het die VREEMDE (kode woord vir UNISA) vir my 'n berg vraestelle gestuur om te merk. Oi!!! maar nou ja, ek mag nie kla nie en ek is baie baie baie baie dankbaar dat ek wel die werk mag he. So ek merk verwoed!!!

Ek gaan nou hierdie pos afsluit, en belowe om soos ek toer en regmaak almal wat hier lees op hoogte te hou.

Alles wat mooi is.

Groete

Bertie

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!