Tata MaMaggie


Ek kyk vandag met waserigge oe na die skerm.

MaMaggie is oorlede.

En ek is baie hartseer saam met haar kinders. My hart is sommer stukkend. En ek huil.

Die Here stuur baie mense oor 'n mens se pad, regtig baie. Party laat Hy toe dat julle paaie net vir 'n kort tydjie kruis en ander gee Hy die geleentheid om aan jou te skaaf, en aan jou te vorm.

Maggie Brenda Basson was so, 'n persoon.

Maggie het vir ongeveer 21 jaar lank vir ons gewerk. In 2004 het sy egter op pensioen gegaan, en sederdien werk haar dogter as my huisbestuurder. Ek het nog nooit, en ek glo nie ek sal ooit weer die voorreg he om saam met so 'n famielie 'n deel te vorm nie.

Maggie hulle het toe ons nog op Klip en Kruisfontein plotte gebly het op in 'n huis op iemand se plot gebly. Sy was een van die eerste huishulpe wat my ouma Stienie en my ma ooit aan diens gestel het in die vroee 80ger jare. My ouma hulle kon nooit uitgepraat raak oor hoe Maggie dit kon regkry om 'n ou Aluminium pot te laat lyk asof hy nou net van die winkelrak afgekom het nie.

Maggie was daar in seker een van die donkerste tye in my lewe! My broer was maar nog 'n baba tydens toe ek haar leer ken het. Maggie het soos sy baie keer self gese het my boetie grootgemaak. In hierdie sin steek daar baie waarheid. Sy het gereeld vir hom gese, "Sies, ek het jou grootgemaak, jou ge-abba op my rug, en jou 'Layers' gechange". Sy het ook. Sy was daar toe ons ma van ons af weggeneem is en het net soos my ouma Stienie en die res van die familie baie hard gehuil. Maggie was vir ons 'n steunpilaar.

Die verhouding tussen ek en my eerste stiefma, was nie altyd soos wat 'n mens dit verwag het nie. En in tye as dit baie baie sleg gegaan het was ou Maggie maar altyd daar agter in haar huis op ons plot. (Sy en haar familie het op ons plot kom bly na my ma se dood). Ouma Anna was vir Maggie ook soos 'n Ma, en ek kan onthou dat sy eenkeer vir ou Maggie haar eie Bybel gegee het. Maggie was bly daaroor.

Ouma Anna en Maggie het ook gereeld ou kerk liedere saamgesing. Maggie kon vreeslik goed "harmoniseer", en het op liedere soos: "What a friend we have in Jesus" 'n besonderse klank verleen.

Ouma Anna het haar leer kook. En in die beginjare het ou Maggie meer eksperimente gehad as etes. :-) Dit sal my altyd bybly. In 1990, het ons vir 6 maande Pretoria-Noord toe verhuis. Maggie het saam-getrek. En agter in die erf in 'n klein woonstelletjie gebly. Daardie jaar was 'n hoogtepunt jaar vir Maggie. Haar eerste kleinseun is gebore. Steve. Ek sal dit nooit vergeet hoe sy en ouma Anna die Oggend van die Hospitaal af gekom het nie. Die oorstelpte blydskap, het soos trane oor haar wange geloop. Steve haar eerste kleinkind is gebore. Dit was 'n hoogtepunt in haar lewe.

Ouma Anna moes jaarliks 'n groot koek bak op die verjaarsdag van Steve. (en later die ander kleinkinders) Steve Basson is Paulina Basson se eerste kind.

Maggie was altyd daar. Nadat ouma Anna in die ongeluk was met haar kniee, en sy vir 3 maande lank bedleend was was ou Maggie daar. Maggie het gehelp om na Ouma te kyk, en Maggie het gereeld by haar gaan sit. Maggie het selfs vir Ouma Anna gaan besoek, in Huis Hermon, in toe ouma in haar laaste jare was.

Ek was lief vir Maggie. En is nogsteeds. Ek dink die ontmoeting van Ouma Anna en Maggie in die Hemel was iets groot gisteraand. Dit moes wees, want almal herken mekaar in die Hemel. En dat Maggie daar is, dit glo ek vas.

Ou Maggie het baie kwinkslae gehad. Een van hulle wat ek altyd sal onthou was: "As ek vir jou slaan sal dit so hard wees dat die mure vir jou 'n ander klap gee!" Sy het nooit nie. Nee dit was maar net haar manier.

Haar hande was vir alles altyd reg, en hulp het sy altyd gegee.

My laaste ontmoeting met haar, was kort voor haar dood. Sy het na my toe gekom, uit 'Maggie's Tin Shanti' in Soshanguve. En my gedruk, gesoen op die wang en ek vir haar.

Ek wil glo en vertou ook dat die woorde van die ou Ierse gedig, waar is vandag van haar:

Remembered Joy
Don't grieve for me, for now I'm free!
I follow the plan God laid for me.
I saw His face, I heard His call,
I took His hand and left it all...
I could not stay another day,
To love, to laugh, to work or play;
Tasks left undone must stay that way.
And if my parting has left a void,
Then fill it with remembered joy.
A friendship shared, a laugh, a kiss...
Ah yes, these things I, too, shall miss.
My life's been full, I've savoured much:
Good times, good friends, a loved-one's touch.
Perhaps my time seemed all too brief—
Don't shorten yours with undue grief.
Be not burdened with tears of sorrow,
Enjoy the sunshine of the morrow.

Tata Ma-Maggie ek was lief jy jou!
Dankie vir jou rol in ons lewens, ek sal jou mis en nooit vergeet nie.

Bertie

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!