AJ Buitendag & MJdK Buitendag
Bertie, ek dink jy sal seker verbaas wees om van my te hoor.
Ek het heel toevalig by jou “Blog” uit gekom.
Ek het my naam ge “Goggle” en daar deur “gesurf” toe my oog Bertie Buitendag onder aan die blad gevang het.Ook die stukkie waar staan my Ouma en Oupa was ….
Ek kon met baie dinge wat jy van Oupa en veral van Ouma gesê het vereenselwig.
Ek het dit goed gedink om van my gedagtes en herinderinge van hulle ook met jou te deel.
Ons het n’ tyd lank langs Ouma- hulle en ook by hulle gebly toe ek nog n’ klein tjokkertjie was.Ek het selfs meeste van my standerd 6 jaar by hulle gebly toe my ouers Klerksdorp toe getrek het en ons die jaar by Gerrit Maritz moes klaar maak.
Ek dank God vir daardie voorreg.Ek besef nou eers die groot invloed wat daardie tyd saam met dié twee pragtige mense op my lewe gehaat het.
Toe ek die gedeelte in( 2Tim1:5) vir die eerste keer lees,wat sê.(”Ek dink ook aan jou opregte geloof,dieselfde geloof wat al in jou Ouma Lois en in jou ma Eunice was,en wat,daarvan is ek oortuig,ook in jou is.”) Het ek besef hoe belangrik en kragtig Ouma en Oupa se gebede en invloed op hulle kinders en kleinkinders was.
Mens besef nie regtig hoe belangrik al ons Christen voorgangers, boeties en sussies in Jesus,almal wat deel gehaat het,dat ons deur God se genade Jesus kon ontmoet, was nie.Ek glo ook dat Oupa en Ouma se volharding in gebed en geloof die rede is dat soveel van ons familielede,en almal wat se lewens deur hulle beinvloed was, terug val na ons christelike grondslag wat deur hulle so duidelik geanker was.
Al die Gebede,Geloof,Smeeking ,Volharding en Tyd wat opgeoffer was om ons ontmoeting met Jesus n’ werklikheid te maak.
Toe ek nog klein was het al hierdie dinge nie vir my regtig sin gemaak nie,maar wat ek wel geweet het, was dat ek nooit getwyfel het,dat Liewe Jesus bestaan nie,en dat ek altyd geweet het dat Hy n’ werklikheid in my klein lewe was.
Ek onthou goed dat ek deur Ouma se aanmoediging natuurlik, as Graad een seuntjie by klipfontein laerskool sekere middae na skool gebly het, om bid uur by te woon.Terloops Ouma het my by graad een in klipfontein gaan in skryf.Ek en sy het nog oor my naam gestry,Sy het vir die juffrou gesê my naam is Magiel terwyl ek mos geweet het dat my naam “Spenner” was.He,He! Ek onthou nog goed dat ons Bid-uur groepie een middag n’ Ouetehuis besoek het.Ons moes vir die ou -mense blomme vat,ek was baie bang vir hulle onthou ek.
Dit was my eerste ervaring met christenskap,of dissipelskapEk besef dat my christelike grondslag in daardie gedeelte van my lewe al gelê was.Ek onthou ook dat ons eerste Bybels, en gesange boekies van Ouma en Oupa vir kersfees aan ons gegee was.As kind was dit maar n’ “Goor” geskenk om vir kersfees so iets te kry,maar ek weet nou dat dit seker die waardevolste geskenk is wat jy ooit vir iemand kan gee.Ek wens nou dat ek dié geskenke beter opgepas het.Dit sou nou een van my waardevolste besitings kon wees.Ek onthou ook die rooi jeug sang bundel wat later deur die N.G. kerk uit gegee was.Ja,daar was n’ paar liedere wat ek nou nog goed ken.”Loof hom met die tromme”, en “Want so lief het goed die wêreld gehaat” Dit was my gunstelinge.Ouma het so lekker gekry wanneer ek en klein Annatjie dit saam met haar gesing het.
Hoe sal ek die Bid- Uuuure by Oom Lammie hulle vergeet,een ding wat ek baie goed onthou was dat daardie Oommies baie lank kon bid.Ouma se Gemmerbier, Koeksisters,Jamtertjies was natuurlik maar altyd n’ wenner.Ek onthou ook dat Oupa die Trap-Orrol kon speel,dit was nog van daardie bedrywe wat jy moes pomp met die voete om klank daar uit te kry.Hy het altyd so trots gelyk met sy swart pak en die wit ouderling das,wanneer hy in die ouderlingsbank gesit het.
Ek onthou ook Oupa se gefluit op die rondawel stoep,as ek dit nie mis het nie was die een liedtjie wat hy gereeld gefluit het.”O Heer my God as ek in eerbied wonder….”Ek onthou ook Sy tafel gebede voor en na ete,en natuurlik Ouma se lekker “Plein” boere kos.My ma het altyd so kwaad geword as ek vir haar gesê het dat sy moet kos maak soos Ouma dit gedoen het.Ek onthou ook die versie wat Oupa vir ons op genoem het wanneer ons ongelukkig gelyk het .”Kom laat ons die saak uit maak se die Here,Maranata”!
Ek onthou ook elke keer as Ouma verby Oupa gestap het,hy haar altyd n’soen wou gee,dan het sy haar altyd so vererg en gese”Hou jy jou al weer stuittig”!
“Shame”! Ek onthou ook,kort na oupa se dood, het sy eendag vir ons met trane in haar oë gesê het ,dat as sy maar net geweet het, hoe sy dit sou mis, Sy al daardie ou soene en drukkies meer waardeer het.Ook wanneer oupa klaar tee of koeldrank gedrink het,het hy sy koppie of glas sommer so, op die gras gegooi.Kyk!, dan het ou Anna haar darem lelik vererg,en oupa dan so lekker gelag het daaroor.
Ja,en Radio Kansel wat altyd in die agtergrond aan was.En Ouma wat met haar kenmerkende glimlag,en dalk n’traan of twee,beaam het as daar n’ goeie preek gelewer was.
Ek onthou ook gedurende haar stiltetyd ,dat sy nie stil was nie,maar jy haar pligsgetrou hardop hoor bybel lees en bid het,selfs wanneer hulle by ons kom kuier het in klerksdorp,sy nie een dag gemis het nie.
Ek het altyd so lekker gelag as sy hardop met haar self geraas het,wanneer sy n’ paar rand van haar tiende geld uit die koevertjie geleen het.Of as sy een van daardie ou seer knee gestamp het, het Sy altyd begin met” Heeeeerlikheid, Anna! wat het jy nou weer aangevang.”
So gepraat van haar seer knee,ek dink dat Buiten die hardwerkende vrou wat sy was, heeldag op haar bene,of besig met bak en brou vir die een of ander byeenkoms,was ek seker dat daardie twee knee ook so seer kon wees van al die gebed vir haar ongehoorsame kinders en kleinkinders.
Ek sal ook nooit vegeet dat net na dat sy deur die motor gestamp was en sy ook haar oog verloor het,sy nog so getrou en vol geloof was soos altyd.Nooit moed verloor nie.
Sy het die een keer so kwaad vir my pa geword, toe hy, voorstel dat dit nou tyd is om na Oupa toe te gaan.Sy het daardie dag mooi laat verstaan dat todat die Here vir haar krag gee om te doen wat sy moet doen,sy bereid is om te doen waarvoor sy daar was.
Byten my christelike grondslag wat ek van kleins af deur Oupa en Ouma,my eie ouers, sondagskool en deur my eie geloof ontvang het,het ek nog steeds die pad lekker beister geraak.Maar deur eerstens God se onbeskryflike liefde en genade wat alle verstand te bowe gaan en tweedens deur merkwaardige Instrumente van God deur Groot ouers wat hulle familie opgedra het aan ons Vader in die hemel,is ek wonderbaarlik gered,en het ek nog n’ kans gegun om my verlosser te ontmoet.Ek prys God daarvoor deur Jesus.
Ek sou wat gee, om nou my vreugde in Jesus met Ouma en Oupa te kon deel,maar ek weet dat my wense eendag sal bewaarheid word wanneer ons,ons Koning Jesus saam met hulle eendag in die Hemel sal kan loof.
Bertie ek glo dat Ouma en Oupa af kyk na jou en glimlag,en dat hulle so trots op jou is.Dit is net n’” Blessing” om te hoor en lees, met wat se passie jy die Here dien.
Ek geniet al jou stories en gedagtes in jou Blog,sien uit na die wat kom.
Baie seen vir jou.
Magiel.(Spanner).
Comments
Post a Comment