Lied in die donker

Bring vir my die lewenswater
rus
as daar is

my hart se dooie vlees kamers
skree
daar's soveel twis

Liewe Heer my goeie Vader
eenmaal by die meer
het U eens die brood gebreek
kom breek dit vir my weer

Aande dae, sonnekringe
kom
en gaan verby

êrens is die seer so diep
ek huil
wees U by my

Liewe Heer my goeie Vader
eenmaal op die stoep
het U oë u seun gesien
wat uit die verte roep

As ek met 'n ruwwe naald dit
diep
uit my kon krap

het ek Heer dit so gedoen
dat
lewenswater spat

Liewe Heer my goeie Vader
lanksaam kom daar son
wees u weer my eie steun
my genadebron,
wees u weer my eie steun
my genadebron!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!