Ai tog!

Ek weet nie regtig hoe om hierdie pos te begin nie! Maar dat my gedagtes en my denke en my emosies in 'n tuimeldroër is, is verseker.

Ek en my suster, Mev 'Ph'ourie gaan eerskomende donderdag aand op 'n toer na Europa, ek is opgewonde, maar ek is nog nie so opgewonde soos wat ek graag wil wees nie.

Daar is soveel dinge wat in my kop rondwaal en dwarrel, dit maak my sommer morbied. Dit is so 'n groot geleentheid! En tog weet ek dat ek, dit van harte gaan geniet as ek eers daar is, maar hoekom ek nog nie so opgewonde is daaroor soos ek graag wou wees nie, weet ek nie!!!!

Ek moet soveel draaie nog ry en dinge doen, dat ek skoon naar voel. Die semester wat verby is was vir my een van die ergstes ooit. Die aanpassing op Soshanguve was vir my net een te veel en met rukke het ek gevoel dat ek my kop in 'n emmer wil sit en skree, tot ek nie meer kan nie. Daarna kom lê 'n mens in die aand by die huis net oim opnuut te besef hoe dankbaar 'n mens maar eintlik moet wees om 'n goeie betrekking te kan beklee al is dit in minder ideale omstandighede.

My broer se kinders verjaar vandag, die een is sy eie kind en die ander is een wat hulle grootmaak! Ek raak sommer bewoë, en hartseer as ek aan die omstandighede van die een dink. Dit wil 'n mens sommer laat kwaad word, en dinge se en doen wat glad nie pas nie, en dan kom die skokgolf weer by 'n mens op dat 'n mens dan nie is en optree soos 'n mens moet nie.

Ek moet 'n verslagbrief vir die Departement van onderwys ook skryf, en om eerlik te wees het ek my lus daarvoor verloor. Ek het eenkeer my hart en siel in 'n aanbieding gesit, net om na die tyd on-verskoning te vra vir presies hoe ek voel, en waarby my passie lê. Ek gaan eerlik wees as ek stel dat ek voel dat die hele papier oefening, baie krag en inspanning gaan gebruik, en op die ou einde van die dag, was dit maar net nog 'n papier oefening vir een of ander lêer êrens. Sug! Maar ek het belowe dat ek dit sal doen, en ek sal.

Van die beste nuus wat ek kon kry is dat Andre Rieu na SA toe kom aanstaande jaar in April! Wat 'n belewenis gaan dit nie wees nie, en ons as 'n klomp vriende kan nie wag om te bespreek nie, die kaartjie verkope maak eers môre oop. Ek wonder wat die kaartjies gaan kos....... eish. Maar dit is een lewenservaring wat ek nie sal wil misloop nie. :-)

Ek kannie wag om te sien wat Tannie Helen (my stiefma) gaan doen as ek vir haar vir kersfees so 'n kaartjie gaan gee nie. Sy is soos ek 'n GROOT Andre Rieu aanhanger! Wat die man vir die musiekwêreld is finominaal!

Ek voel sommer al klaar beter nou dat ek iets getik het..... om te blog het regtig terapeutiese waarde!

Man, ek is sommer opgewonde, en die lewe is 'n lied!

Sing Albertus Abraham Kruger Buitendag! Sing!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!