'n Dankbaarheids-inskrywing


Wat vriende en kennisse betref, het ek as mens werklik baie om voor dankbaar te wees.

En met hierdie pos wil ek vandag oor so 'n merkwaardige mens skryf. Uit die staanspoor sal dit werklik nie gestalte doen aan die persoon as ek ook nie iets skryf oor sy familie en sy eggenoot nie, maar die aard van die pos, gaan nie oor die beskrywing van die mens as persoon aangaande sy verhouding met ander nie, dit kom van nature! Die pos gaan eerder oor die diepe innerlike mens en vaderlike-leermeester outoriteits posisie wat die persoon in my lewe het.

Dit is amper iets soos 'n Paulus en Timoteus vriendskaps waarderingsband, en op die oogaf sal die mense wat al êrens 'n lesing oor ware vriendskap gekry het, beter weet wat ek met hierdie sinsnede bedoel.

Ek sien die persoon konstant met 'n lig in sy oë, soms is dit 'n lig van trane, 'n lig van vreugde, maar meerendeels 'n lig van liefde vir sy Skepper asook sy medemens.
Die hulpkrete van sy medegelowiges en kort-ongelowige medemens val nie op dowe ore nie!

Hierdie persoon wys gedurig aan my wat dit is om: geduldig te wees, vriendelik op te tree, nie afgunstig of grootpraterig te wees nie en is glad nie, verwaand nie. Meer as alles leer ek by hom 'n vreugde oor die waarheid, die waarheid wat alle verstand te bowe gaan, en enige sonde bedek.

Daar het sedert ek die persoon ken, nog nie 'n dag verby gegaan dat ek hom nie met sy Bybel oop gesien het nie. En sy kennis van die Skrif is vir my en ek is seker ook ander 'n aanmoedigning om ook verder te verdiep. Hy leef dit, getuig dit en dra dit in sy hart rond, soos die drie klippies in sy baadjie of broeksak.

Hy het my geleer om te lag oor die alledaagse dinge; die klein affêretjies, en meggêftertjies in ons bestaan, en om ook soms met humor na die lewe terug te kyk. Sy skeppende kreatiwiteit, gaan ver verby kontras houtsneewerk, skryf, lesing-aanbieding, kortafstand-handgeweerskiet, woordsketse, en die maak van harpuis haarsproei.

Sy kreatiwiteit het in gehoorsaamheid 'n walviskyk beweging begin! En wat 'n beweging is dit nie! Amper soos 'n motor bestuurskool, wat jou leer om vroegtydig te reageer op die aankomende verkeer en padtekens, met een doel voor oë, om die regte bestemming te bereik! Soms ook om van die snelweg af te klim en in die teenoorgestelde rigting op die provinsiale pad te ry. Jaarliks leer duisende mense van walviskyk, en verander hulle motorbestuur tegnieke, om met afwagting te ry na die bestemming van die walvis.

Dankie Here dat ek so 'n persoon kan ken, en meer as dit, dat ek hom my vriend mag noem.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer