In die Bastion van Afrikaanse onderwys in 'n Engelsgefundeerde skool
Vandag is ek dankbaar. Dankbaar vir baie dinge en die wek was ook een van daardie weke wat ek nogal konrefelkteer oor die lewe. Om meet e begin kan ek sê: Dankie HERE. Dankie, uitbundig dankie vir al die genade wat U so mildelik aan my bewys. Vandag (Saterdag 21 Maart) is ook Maggie se begrafnis. Dit was nogal lank voordat sy begrawe is. Ek sit stil en dink vanoggend weer aan haar. Dit is nou 7:28. Ek sit ook in van die allersnaakste of allerongewone plekke, of so dink ek. Ek sit in die rekenaarlabarotorium van Grey College, in Bloemfontein. Ek het hierdie week die voorgeg gehad om so ‘n ietsie van die skool te beleef tydens my aanbieding van ‘n werkswinkel aangaande Delphi vir die skole in die omgewing. Ek geniet sulke werkswinkels terdeë. Dit is vir my lekker om te sien hoe party kinders se oë ophelder as ‘n mens sekere moeilike konsepte aan hulle verduidelik.
Ek geniet die mense, ek geniet die onnies en ek geniet die hele gedagte daaraan dat ek ook in kinders se lewens iets kan beteken. Dit is in die eerste plek ‘n voorreg en in die tweede ‘n gawe van Bo. Ek is dankbaar dat die Here toelaat dat ek die geleentheid kan he vir sulke werkswinkels. My besoek aan Bloemfontein van woensdag af was egter tweeledig. Ek het die Vrystaatse landboudepartement ook besoek vir inligting en onderhoude aangaande my studies. Ek is dankbaar en bly om ook navorsingsdata te kon versamel uit hierdie deel vann ons land.
Ek het oorgebly in die gastehuis op die Grey College kampus. Met die eerste oogopslag was die skool se opset nogal vir my ‘n paradoks, ‘n “Engelse” skool met ‘n groot Afrikaner aanslag. Die eerste aand by die skool was nogal vir my ‘n werklike iets mooi. Die gastehuis waarin ek bly is ‘n samevoeging van twee ou koshuiskamers of so raai ek. Dit is mooi opgemaak, en netjies. Die eerste ding wat ‘n mens egter sien as ‘n mens die hoofdeur na die vertek toe oopmaak is....... die denktroon. Hehe. Die kamer het ‘n TV en iemand anders besluit vir jou na watter DSTV kanaal jy nou kyk. Dit is egter steeds mooi. Die eerste aand so ongeveer 21:00 het al die seuns van die een koshuis (daar is volgens my kennis 3 senior koshuiste op die GC kampus terrain) saamgekom om ‘n Christelike lied saam te sing. Dit was mooi om die vermening van die amper en nog nie so amper mansstemme te hoor. Dit skool is erg, en diep gewortel in tradiesie. In die een hand het ek ‘n tipe van ‘n awersie daarin maar in die ander hand steek daar tog iets mooi en deugsaam daarin. Die gedagte dat die skool so eksklusief geword het dat hy total inklusief is, het ook by my opgekom. En juis hiereen steek daar dalk die geheim van hulle sukses. Maar ons durf en mag nie met die gevestigte en diepgewortelde bome lol nie. Nee dit is teen die wortels, nie die grond nie.
Wat egter baie hartseer is, is dat die skool nie CAT (Rekenaar toepassings tegnologie) of IT (Inligtings tegnologie) as hoofvakke aanbied vir hulle kinders nie. Dit word slegs as buitemuurse vakke aangebied. Dit is baie baie hartseer vir ‘n skool wat hulle aan die voorfront van sekondêre opvoeding stel. Hartseer. CAT is na my mening nie ‘n opsionele vak vir kinders nie, maar ‘n verpligte een! Ons land het dringed probleemoplossers nodig en alhoewel CAT nie programering insluit as deel van die kurrikula nie, het dit ‘n sterk probleemoplossingsaanslag.
Maar tot daar gelaat. Grey College is ‘n voorbeeld vir ander skole, skole met minder geld, minder hulpbronne, minder onderwysers, en baie swakker salarisvoordele vir die personeel. Die skool is ook ‘n voorbeeld om te wys dat daar wel waarde in die nuwe FET (Sekondêre opvoedingstel kurrikulum) sit. Wat ‘n prestasie om amper die nommer een akademiese skool in die land te wees.
Ek haal my hoed af.
Eers en dit is uiters belangrik, wees respekvol in die volgende afdeling. Handhaaf ‘n minuut stilte....
‘n Minuut stilte vir alle onderwysers wat genadewerk doen. Onderwys is ‘n liefdeshandeling en nie ‘n beroep nie. Dit is meer ‘n loopbaan as ‘n renbaan, met die klem op loop. ‘n Gewone onderwyser sal ook nie al wil hy ook ‘n vinnige motor ry nie. Hulle kan dit bloot net nie bekostig met hulle salarisse nie. SIES aan die regering! SIES SIES SIES, Sies aan tannie Pandor. SIES. Nog ‘n minuut stilte. Die keer vir dankbaarheid!
Waardeer onderwysers! Hulle is kosbaar.
Groete vir jou.
Blerts
Comments
Post a Comment