Posts

Oorweldig

Here, dit is te oorweldigend vir my. Dit is Here. Dit is te erg Eks te moeg. 11 jaar Here, vir wat? Dit het geen koninkrykswaarde nie niks absoluut niks En Here; ekke weet nie links of regs, vorentoe of agtertoe nie. Op of af? Dalk Here af, af, af op my kniee, want dit is waar ek nou is. Hier erken ek U en U alleen Gee U tog insig en wysheid My Here waarheen? hoegemaak? Maak dit enigsins saak. Behalwe die saak van u koninkryk?

Verlede pere

Daars gebakte pere in my hart gebrandes in my kop as in my siel gemoedelik 'n flop Eersbestaande leefmilieu gekring geklaar gekletter "Hopschotts" van die lewe Sonde by die letter Letters in gedagtes Letters in woorde Letters in data en letters in 'letters' En nou letters van gister woorde van hartseer sinne van spyt Daars gebakte pere in my hart gebrandes in my kop as in my siel Gees kom krap dit uit Asseblief asseblief Sela Amen

Sondag

Dalk my laaste Sondag Dalk my laaste uur Dalk my eerste ewigheid die horlosie teen die muur Dalk my laaste neemkans Genade net van bo Dalk my eerste beurt Heer om opnuut in U te glo Red tog liewe Vader Strek U arm van Bo!

Red volkome

Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. (Luk 23:34) Vader hulle is ek, en hulle is jy En jy -  jy is nie meer in hierdie tydsbedeling nie maar, tog is jy Vader ek was ook van die hulle Deel van die hulle  geleef in deurkolkte verdraaings; sonder om retig te weet wat ek doen vasgevang in die begeerlikhede die sinne van die vlees. En jy; dalk jy ook Nee: ek weet jy ook. Jy in jou milue,  draaikring van die donker, satanssluier brulleeumaalkolk, gedagtedoelenlatewêreld en ek in myne Maar tog! Tog was God - en is God ryk en vol van genade lief vir my en lief vir jou Sy skepsels, meesterlik gevorm En êrens, iewers waar daar lig is Soveel liefdeslig, met Engeleklank Tromppetbasuin en goue strate - Klank en klink die Christus steeds! Die klank van intersessie; O hoe Soet! In die Hemeltroonkamer,  brandende gebedebak waar Hy die Lam steeds intree. Steeds pleit en ken: die versugtinge en bedoelings, gedagtes, doen e...

Vir Frans-Albert

Pappa se krulkopseuntjie Waar kry ek die woorde Hoe soek ek die akkoorde,  om te sê, vir jou te sê hoe lief ek jou het. En pappa se groenbruinoog met mooi tandjielaggies en handjies so saggies as ons lê wil pappa sê hoe lief hy jou het. Want jy bring vreugde in my dag met jou seuntjiekleuterlag En jou armpies  om drukkies te gee. Want dit is  wat Jesus ons leer. Pappa se hartgeskenk hoe maak pa, dit nodig in liefde so gelowig om te doen ja te sê hoe lief ons jou het. Want jy bring vreugde in ons dag met jou harteliefdesprag En jou hartjie om Jesus sin te maak. O, Here  verhoor tog ons saak. En Abba in die Hemel U is onse Vader deur Jesus, u te nader om te vra ja te vra verhoor my gebed Want hy bring vreugde in ons dag met sy harteliefdesprag En sy hartjie om Jesus sin te maak. O, Here  verhoor tog ons saak. O, Here verhoor tog ons saak. [** Lied aangepas na eerste probeerslag]

'n Liefdesblom in my lewe

Image
My vrou is my blom. My liefde in rooi. Getooi, getemper en altyd mooi. Mooi van hart en mooi van natuur, met 'n sagte oor in my wroegingsuur My vrou is my gawe my geskenk van bo. My vrou is my bolla en dis nou maar so! Dankie Here God vir hierdie sielsvenoot. U genade en guns was vir my groot!

Jammer, jammer. Ek is jammer.

Ek wil voor jou kom staan My borskas oopskeur my hart uitpluk en uitpak voor jou genade Ek wil kom staan en die drek uitdruk opgegaar in die verlede en 'n boetedoening smeek Ek is jammer innig jammer. Die satan het sy aas gehou ek het geeet. En nou's ek siek Siek oor die verlede Ek was oopegevlek het losgebreek. By God omvergifnis gesmeek en genade ontvang. Ekke is jammer innig jammer. Ek soek steeds rus 'n gedagterus Maar meestal rus vir my siel. 'Rus my siel' 'Jou God is Koning' 'Orals' 'voer Hy heerskappy' Laat die woorde waar word ook in my Amen

In nabetragting oor een Nederlandse gesegde, en my eie tong.

Image
Ek is jammer! Regtig jammer. My woorde was ongepoets, my gedagtes ongekunsteld, en my spraak gewortel in  myself my eie ek.  My woorde was nie opbouend nie, het nie liefde verkondig nie het nie hoop in gehad nie en was verkeerd. My gedagtegang was gewronge,  gedwonge om te doen wat ek  nie wou doen nie, en nie wou sê nie Maar na die uiting was dit te laat.' En nou is ek spyt,  regtig spyt,  in nabetragting, in wakker lê op my bed. Jammer ek het jou seergemaak. Ek is jammer, Regtig jammer. Elke goeie gawe wat die Here die mens gee gee hy om Sy wil te doen, en niks meer. Of dit nou is in watter daad ook al. Christus, Jesus was vir kinders van waar ookal, van wie ookal. In elke volk en taal. 'Laat die kindertjies na my toe kom en moet hul nie verhinder nie.' Jammer vir my woorde! My siel betreur die steeds. Vergewe Here. Ek is regrig jammer. *~*~* ( Via de Hogeschool voor Toegepaste Filosofie)

Gisters

Die vergete gisters se spookasems skreeu uit die verlede, vandag  en dryf die vreugde weg. Die spookasems hang dit  aan 'n gedagteklok, wat ding, dong, Ding, Dong, DING, DONG. Die vergete gisters  aangedryf deur die engel van  die duisternis. Kom Lig Kom Liefde Kom Rus Kom Gou Kom GEES Kom JESUS nou asseblief Amen

In U groot barmhartigheid

Liewe Here Almagtige God verhoor my in U groot barmhartigheid. God met 'n gewillige arm, en betroubare oor. Luister asseblief na my Dit smeek ek met trane en hulpgeroep tot U. Dit weet U, in die krenklikheid en versugtinge van  my siel. Gee tog dat die Urija's in my lewe steeds lewend U sal vind, en U sal ken. Dat hulle vir U oopmaak en saam met U maaltyd hou. U ken hulle. U ken my. U was Dawid eens genadig Wees genadig ook vir hulle en  vir my. Teen U het ek gesondig, teen U die Here! Maak Natan se woorde ook waar vir my laat dit bloei en laat dit bot en wortelskiet in my siel. "Die Here het jou Sonde vergewe" Pak op jou draagbaar Loop en Leef die Lewe! Amen! ============ In retrospek (Ef 2:1-10), klem v4

Oproep

My lewensdoek is oorskadu, met donker vlekke wat ingevreet het soos suur in my mensweessiel. Dit is soos 'n kaal en barre vuil metaal  ontbloot aan die natuur en dinge van die brullende leeu. Vermom in spoegjasskaapklere gelap met venneindheit voorgegee as mooi met 'n tong van skuurpapier en toegeplak met haat. Die leeu lek aan my en laat 'n blinkvlek oop wat gou  die blink morfeer in roes en vrot. Gee asseblief tog Here helende salf 'n Arm na die water en 'n oor Luister na my hulpgeroep in diepe doodse stilte en die rol van 'n traan uit my siel. Nêrens  O God! nêrens waaragtig waaragtig nêrens kom my hulp en heil vandaan behalwe van U nie. Hoor my aan! U roesbevlekte  skepselkind.

Maalkolk van die lewe

Die maalkolk van die lewe met golwe water  en uitdagings, 'n gespartel vir asem vir lewe vir bo. Die maalkolk van die lewe met geld rykdom en spoed, 'n gewremel vir plek vir status vir bo. Die maalklolk van die lewe met haat onvergewinsgesindheid en eiegeregtigheid 'n geveg vir eer vir roem vir bo. vir wat?

Here dankie vir my vrou!

Here! Dankie vir my vrou. Vir my,  ons lewensliefde. Iemand waarvan ek hou. Here, dankie vir die mooi in haar wat uitstraal soos 'n lig. Wat my die toekoms weer laat sien vanuit 'n ander sig. Here! Dankie vir 'n lewensbaan. En haar, om hand en hand mee saam te gaan. Here, dankie vir wat u ons gee: 'n kind ons lewensklop! En met hierdie mooie wete u Gees, en hand hou oor ons dop. Here! Dankie vir my vrou. Dat ek ons huwelik, en kroos aan U alleen, veilig  kan toevertrou. Help, maak my 'n man nader aan U hart en wees met ons op die lewenspad, want; Waar anders sal ons hulp vandaan kom? As egter U alleen. Here! Dankie vir my vrou! Vir my,  ons lewensliefde. Iemand waarvan ek hou.

Taalsingspraakdilemma

Die antie sê my Ingels makeer Sy wil my gou-gou nou reg leer. "In Ingels is daar nie 'n ‘Err’ nie. Jy rol nie die klankie so vêr nie!" "You really should note, your pronunciation!” It is really a big problem with the Afrikaner Nation.”   “The R is somewhat silent; In: Crucified The tremble less terrible That’s how He died.” Regsó: Antie ek maak so: “Where you there when they ‘kôsiefied’ my Lord?” Antie…….Antie “Wat is ‘kôsiefied’ dan?” Het hulle dan nie Jesus vermoor nie? En wat van Sy wroeging? Het Hy nie Sy lewe verloor nie? Was jy daar met Jesus se kruisiging, was jy daar? Toe die spykers… deur die houtkruis kraak.** Was jy daar? ** Houtkruis

Life's transaction

Move it sell it Have a great day! Our trained professionals are with you all the way. You like it You buy it To make more money. To stack up to fill up your worldly honey And yet yet at the end the end of it all when deathbed's pillows are on call What then and why? Will the honeypot for you... cry?