Oproep

My lewensdoek is oorskadu, met donker vlekke
wat ingevreet het soos suur in my mensweessiel.
Dit is soos 'n kaal en barre vuil metaal 
ontbloot aan die natuur
en dinge van die
brullende leeu.
Vermom in spoegjasskaapklere
gelap met venneindheit
voorgegee as mooi
met 'n tong van skuurpapier
en toegeplak met haat.

Die leeu lek aan my
en laat 'n blinkvlek oop
wat gou 
die blink morfeer
in roes en vrot.

Gee asseblief tog Here
helende salf
'n Arm na die water
en 'n oor

Luister na my hulpgeroep
in diepe doodse stilte
en die rol van 'n traan
uit my siel.

Nêrens 
O God!
nêrens
waaragtig
waaragtig
nêrens

kom my hulp en heil vandaan
behalwe van U nie.

Hoor my aan!


U roesbevlekte 
skepselkind.



Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!