Vir Frans-Albert

Pappa se krulkopseuntjie
Waar kry ek die woorde
Hoe soek ek die akkoorde, 
om te sê,
vir jou te sê
hoe lief ek jou het.

En pappa se groenbruinoog
met mooi tandjielaggies
en handjies so saggies
as ons lê
wil pappa sê
hoe lief hy jou het.

Want jy bring vreugde in my dag
met jou seuntjiekleuterlag
En jou armpies 
om drukkies te gee.
Want dit is 
wat Jesus ons leer.

Pappa se hartgeskenk
hoe maak pa, dit nodig
in liefde so gelowig
om te doen
ja te sê
hoe lief ons jou het.

Want jy bring vreugde in ons dag
met jou harteliefdesprag
En jou hartjie
om Jesus sin te maak.
O, Here 
verhoor tog ons saak.

En Abba in die Hemel
U is onse Vader
deur Jesus, u te nader
om te vra
ja te vra
verhoor my gebed

Want hy bring vreugde in ons dag
met sy harteliefdesprag
En sy hartjie
om Jesus sin te maak.
O, Here 
verhoor tog ons saak.
O, Here
verhoor tog ons saak.

[** Lied aangepas na eerste probeerslag]




Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!