Total Pageviews

Thursday, December 10, 2015

In U groot barmhartigheid

Liewe Here
Almagtige God
verhoor my in U groot barmhartigheid.
God met 'n gewillige arm, en betroubare oor.
Luister asseblief na my
Dit smeek ek met trane en hulpgeroep tot U.

Dit weet U,
in die krenklikheid en versugtinge van 
my siel.

Gee tog dat die Urija's in my lewe
steeds lewend U sal vind, en U sal ken.
Dat hulle vir U oopmaak en saam met U maaltyd hou.
U ken hulle.
U ken my.

U was Dawid eens genadig
Wees genadig ook
vir hulle en 
vir my.

Teen U het ek gesondig, teen U die Here!

Maak Natan se woorde ook waar vir my
laat dit bloei en laat dit bot
en wortelskiet in my siel.

"Die Here het jou Sonde vergewe"
Pak op jou draagbaar
Loop
en Leef die Lewe!

Amen!

============
In retrospek
(Ef 2:1-10), klem v4

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.