Taalsingspraakdilemma



Die antie sê
my Ingels makeer
Sy wil my gou-gou
nou reg leer.

"In Ingels is daar nie 'n
‘Err’ nie.
Jy rol nie die klankie
so vêr nie!"

"You really should note,
your pronunciation!”
It is really a big problem
with the Afrikaner Nation.”  

“The R is somewhat silent;
In: Crucified
The tremble less terrible
That’s how He died.”

Regsó:
Antie ek maak so:
“Where you there when they ‘kôsiefied’ my Lord?”

Antie…….Antie
“Wat is ‘kôsiefied’ dan?”
Het hulle dan nie
Jesus vermoor nie?

En wat van Sy wroeging?

Het Hy nie Sy lewe verloor nie?

Was jy daar met Jesus se kruisiging, was jy daar?
Toe die spykers… deur die houtkruis kraak.**
Was jy daar?



** Houtkruis


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!