Maalkolk van die lewe

Die maalkolk van die lewe
met golwe
water 
en uitdagings,

'n gespartel
vir asem
vir lewe
vir bo.

Die maalkolk van die lewe
met geld
rykdom
en spoed,

'n gewremel
vir plek
vir status
vir bo.

Die maalklolk van die lewe
met haat
onvergewinsgesindheid
en eiegeregtigheid

'n geveg
vir eer
vir roem
vir bo.

vir wat?

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!