In nabetragting oor een Nederlandse gesegde, en my eie tong.

Ek is jammer!
Regtig jammer.

My woorde was ongepoets,
my gedagtes ongekunsteld,
en my spraak gewortel in 
myself
my eie ek. 

My woorde was nie opbouend nie,
het nie liefde verkondig nie
het nie hoop in gehad nie
en was verkeerd.

My gedagtegang was gewronge, 
gedwonge om te doen wat ek 
nie wou doen nie, en nie wou sê nie
Maar na die uiting was dit te laat.'

En nou is ek spyt, 
regtig spyt, in nabetragting,
in wakker lê op my bed.
Jammer ek het jou seergemaak.

Ek is jammer,
Regtig jammer.

Elke goeie gawe wat die Here die mens gee
gee hy om Sy wil te doen, en niks meer.
Of dit nou is in watter daad ook al.

Christus, Jesus was vir kinders
van waar ookal, van wie ookal.
In elke volk en taal.
'Laat die kindertjies na my toe kom
en moet hul nie verhinder nie.'

Jammer vir my woorde!
My siel betreur die steeds.

Vergewe Here.
Ek is regrig jammer.

*~*~*

(Via de Hogeschool voor Toegepaste Filosofie)

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!