Posts

Hande

Vandag mis ek verkrenkte hande Wat uitstrek na die horison Om my ou hand te trek al nader vanwaar my eie redding kom Vandag mis ek die oue hande wat maklik, eerlik waardig is Om 'n arm om my nek te sit En saam op kniee, my God te bid Vandag droom ek van oue hande Wat eens, so waar as waarlik was My aangeraak het o so sag Vir my gebid het dag na dag Vandag mis ek die ware wete Dat ek met al my krenklikheid Ook kan gaan na oue hande van sondewegvergetenheid!

Sending sê jy vir my? Sending?

Is dit hoe sending tog moet wees? Die werking van die Heilge gees? In baie Rande saamgevat geboek, gebind gepreek gerat! In baie kamers saamgebring en plek, plek in 'n kleine kring word waarheid oor en weer vertel gesnik, getraan, getroos. Is dit dalk sending? Durf ek vra? As organogramme alles dra Waar, dit en dat die wyse is gedoen, gedaan, laat staan! In hierdie grote samekoms Gedenk tog aan die wederkoms En eenmaal weer tevore Gesëen, gered, nie meer verlore! Mag Here weer U Naam Ons dreng na u tesaam Waar U as meester Here is Gedink, gedaan, en ongedwonge Uitgestryk, en onverwronge! Is dit die werking van die Heilge Gees Is dit hoe sending tog moet wees? O Here neem ons harte saam, en gee vir ons een skopus: U Almagsgenadenaam! Ongedwonge Onbeskaam!

Hokke hokaai asseblief

Dit is 'n hok hierdie, met vier mure en 'n venster 'n Venster wat na die wêreld staar, en buite gaan die lewe voort en binne is daar dood Dit is 'n hok hierdie met tande wat 'n tong raak kners En erens hang die doodskleur pers Waar kinders oor die gras baljaar het pa sy eerste drankie klaar Dit is 'n hok hierdie waar haat en afguns welig teer Op almal wat in die donker tas En leuens glo, wat hul gedagtes pas Hierdie hok het dood Hierdie hok het dood en buite gaan die lewe voort Die asem worstel my longe in om my gedagtes krag te gee krag te gee vir nog 'n tree Ek haat my lewenshokke en buite lui die almanskerkklokke Laat ek ook sleepvoet nader gaan en voor die Heer se troom gaan staan Kyrie Eleison

Orals oor

Die wêreld is 'n siek siek plek, met kieme orals oor. En in hierdie dooie donker sieke plek het ek my siel verloor. Die wêreld is 'n naarmaakplek met braaksel regs en links En êrens in die massas plasse het ek my merk gelaat. Nog 'n sluk, en nog 'n glasie Erge sielle heilspurgasie Donker iewers onderin Borrel dooie teer, wat opbruis keer op keer. En snaaks, as ek na asem sluk en weer my hart na die Hemel druk kom daar lig van bowe Soos God my belowe. Net om eenmaal erg eens weer my hart se siellekamer te purgeer. Help tog Here ryk tog uit Dat ek U hand met mag kan gryp weer die dag van môre En eenmaal weer my siel sal roep Uit dieptes gans verlore Van redding hier vandaan.

Die wêreld draai

Die wêreld draai om hoe jy lyk En hoe die ander na jou kyk Die wêreld draai om wat jy het Dis wat die ander op na let Die Hemel draai om wat jy leef En of jy ander ook vergeef Die Hemel draai om wat jy maak Vir Christus koninkryk Sy saak O Here gee my ander oë om so te leef diep neergeboë Dat my hart ewig opwaarts druk U die bron van my geluk

As my hart kon

As my hart kon vrylaat, wat binne in hom opgedamp is sou dit dalk beter wees As ek vir die wêreld kon skreeu daar waar dit donker is sou dit dalk beter wees Beter wees vir my, en beter vir my siel O Here, gee ontvlugting En bring vir my, daar waar my trane opgedamp in my wange sit 'n Sakdoek net vir my As my oë kon uitspeel die donker rillers van my hart sou dit dalk beter wees As my mond kon roep, en my hande smeek om hulp sou dit dalk beter wees Beter wees vir my, en beter vir my siel O Here gee ontlading En bring vir my 'n spoegsel grond Sodat my hart se droë krake mag heel word, maak gesond! As my trane in letters kon verander, en die druppels val as rou sou dit dalk beter wees As u trane Here dalk oor my, my diep selfsugtigheid kon deurnat sou dit dalk beter wees Beter wees vir my en beter vir my siel My Here gee tog vrede En skenk aan my gemoed Gewilligheid o Here, om uit te strek na bloed Bloed gestort vir my!

Doen dit Jonge man!

Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Skeur 'n bladsy uit so vinnig as jy kan Nog 'n skopus, nog 'n deel Heer my sonde raak te veel Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man! Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Die duidwel seg jou duid'lik ja jy kan Nog 'n Tittel nog 'n Jota Here skryf dit op 'n nota Lees 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Lees 'n bladsy, vra die Gees ja wel jy kan Nog gebede, nog gekla Nog 'n smeking Here, Ja! Lees 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Bid 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Bid 'n bladsy so hard as wat jy kan Vra die Here om genade en 'n oor aan hierdie aarde Bid 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Glo elk bladsy in jou Bybel jonge man Glo elk bladsy met alles wat jy kan Glo eg aan Gods genade En vergifnis vir jou dade Glo elk bladsy in jou Bybel jonge man