Sending sê jy vir my? Sending?

Is dit hoe sending tog moet wees?
Die werking van die Heilge gees?
In baie Rande saamgevat
geboek, gebind gepreek gerat!

In baie kamers saamgebring
en plek, plek in 'n kleine kring
word waarheid oor en weer vertel
gesnik, getraan, getroos.

Is dit dalk sending? Durf ek vra?
As organogramme alles dra
Waar, dit en dat die wyse is
gedoen, gedaan, laat staan!

In hierdie grote samekoms
Gedenk tog aan die wederkoms
En eenmaal weer tevore
Gesëen, gered, nie meer verlore!

Mag Here weer U Naam
Ons dreng na u tesaam
Waar U as meester Here is
Gedink, gedaan, en ongedwonge
Uitgestryk, en onverwronge!

Is dit die werking van die Heilge Gees
Is dit hoe sending tog moet wees?
O Here neem ons harte saam,
en gee vir ons een skopus:
U Almagsgenadenaam!
Ongedwonge Onbeskaam!






Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!