Hande

Vandag mis ek verkrenkte hande
Wat uitstrek na die horison
Om my ou hand te trek al nader
vanwaar my eie redding kom

Vandag mis ek die oue hande
wat maklik, eerlik waardig is
Om 'n arm om my nek te sit
En saam op kniee, my God te bid

Vandag droom ek van oue hande
Wat eens, so waar as waarlik was
My aangeraak het o so sag
Vir my gebid het dag na dag

Vandag mis ek die ware wete
Dat ek met al my krenklikheid
Ook kan gaan na oue hande
van sondewegvergetenheid!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!